Naretu & AA wil bestuursvernuf van vragmotorbestuurders verbeter

Loading player...
Die Namibian Revolutionary Transport Union, Naretu, neem sy inisiatief om bestuurders in defensiewe bestuur op te lei, 'n stap verder. Die vakbond en die Automobielvereniging van Namibië het 'n ooreenkoms onderteken om vragmotorbestuurders toe te rus om gevare op die pad te identifiseer, potensiële gevare te voorsien en gepas daarop te reageer om ongelukke te voorkom. Kosmos 94.1-nuus het met Naretu se algemene sekretaris, Petersen Kambinda gesels.
2 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes

En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman…
12 Oct 5AM 1 min

Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly

Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan…
12 Oct 5AM 1 min

Lamb Champs kondig nuwe span aan ná Namibië-onttrekking

Intussen het Lamb Champs ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die "Baa-Barians", aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende…
12 Oct 5AM 1 min

Landbou-ministerie werk aan nasporing van BKS-uitbreking in Zambezi-streek

Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir…
12 Oct 5AM 1 min