
Wes-Kaap betaal vir gesond leef
Loading player...
Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien deur te oefen, kinders se inentings op datum te hou, chroniese medikasie betyds af te haal en voorgeboortesorg by te woon. Die program brei vroeg volgende jaar na Knysna uit, met 2 000 deelnemers as mikpunt. Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Mireille Wenger, verduidelik.

