Sport: FNB Wanderers klop FNB Kudus, Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span klop SA

Loading player...
FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het en hoe dit voel om weer die beker in hul besit te het.

Die Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span het Suid Afrika die naweek ore aangesit. Die spanne se laaste wedstryd Sondag het op 'n gelyk-op-telling van 4 doele elk ge-ëin-dig, wat Namibië, op grond van die totale telling, oor die reeks se vyf wedstryde gewen het. Namibië se Azaylee Philander het met Sports Wrap gesels:
12 Oct 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran: Digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internet-toegang beweeg word

Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware…
12 Oct 2AM 1 min

Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool

Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met…
12 Oct 1AM 1 min

SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking…
12 Oct 1AM 1 min

Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer

Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n…
12 Oct 1AM 1 min

Johan Ackerman loof Blou Bulle se Loftus-oorwinning

Die hoofafrigter van die Blou Bulle Johan Ackerman sê hy is trots op sy span wat, ten spyte van ‘n week met baie uitdagings, hul staal kon wys en die Leeus met 'n orrtuigende 57-15 op Loftus te klop. Ackerman se sommige van die Bulls spelers was siek en kon…
12 Oct 12AM 1 min