
Rivers International vra duidelikheid rondom Baynesdam-projek
Loading player...
OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe en die omgewingsorganisasie International Rivers doen 'n beroep op die Namibiese regering om te verduidelik waarom 4 miljard Namibiese dollar se finansiering vir transmissielyne gekoppel aan die voorgestelde Baynesdam goedgekeur is voordat omgewingsevaluerings en gemeenskapskonsultasies voltooi is. Hans-Christian Mahnke van International Rivers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering verontagsaam kommer van die gemeenskappe.

