Mineral Europa op nooiensvaart van China na Australië

Loading player...
Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n belangrike deurbraak in pogings om die wêreldwye skeepvaartbedryf te dekarboniseer. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibia Green Hydrogen Programme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MOVE SA vra regverdige, wettige en ordelike immigrasiestelsel

Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te…
13 Oct 6AM 1 min

Old Mutual-stigting stel "OM SEED: Seasons" bekend

Die Old Mutual-stigting het amptelik 'n vernuwe weergawe van sy vlagskip-entrepreneurskaps-inisiatief bekendgestel en "OM SEED: Seasons" as 'n verenigde nasionale kompetisie wat oor al 14 streke strek, van stapel gestuur. Mignon du Preez, woordvoerder van Old Mutual Namibië, sê aansoeke is landwyd amptelik oop, met 'n streng sluitingsdatum van 30…
13 Oct 6AM 1 min

SA Parlement vra polisie om misdadige optrede waarby Sibiya betrokke is te ondersoek

Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê…
13 Oct 4AM 1 min

9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging

Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van…
13 Oct 4AM 1 min