
Beveilig jou erf, beveilig jou troeteldiere: DBV
Loading player...
Die Dierebeskermingsvereniging spoor troeteldiereienaars landswyd aan om hul eiendomme behoorlik te beveilig. Die ligaam waarsku dat rondloperhonde ernstige risiko's van vergiftiging, verkeersongelukke en straatkonflikte in die gesig staar. Nasionale direkteur Silke van der Merwe sê dat sulke troeteldiere die publiek in gevaar stel en dikwels die hoogste prys betaal. Dit kom te midde van openbare verontwaardiging oor die onlangse noodlottige skietery van 'n gesinshond, Mufasa, in die Erongo-streek. Van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

