
Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde
Loading player...
Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel van April 2025 verbind.

