Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir 'n onbepaalde tyd saam met die DA in die regering te bly nie:
15 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS

Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades,…
16 Oct 12AM 1 min

Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings

Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:
16 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
16 Oct 12AM 4 min

Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers

Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende…
15 Oct 11PM 1 min