
Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs
Loading player...
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu, die raad se woordvoerder, sê die inisiatief beoog om jongmense toe te rus met praktiese vaardighede in gasvryheid, gastedienste, vermaak en ander sektore.

