Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken

Loading player...
Na aanleiding van parlementêre oproepe om die Wet op Regstellende Aksie te hersien, het arbeidsdeskundige Herbert Jauch die dramatiese afname in die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken. Jauch het beklemtoon dat die ministerie van arbeid 'n interne hersiening moet doen om uit te vind waarom die kommissie se moniteringskapasiteit verval het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
18 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af

Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete…
19 Oct 12AM 1 min

Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip

Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat…
19 Oct 12AM 1 min

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min