SHAKA – ’N LEIER VIR ALLE TYE
--:--
’n Splinternuwe Afrikaans vertaling
het pas verskyn van Thomas Mofolo se ikoniese Chaka, wat in 1925 in Sotho gepubliseer is. Dit vertel van die lewe,
maar veral leierskapstyl van die magtige Zoeloe-opperhoof. Hoewel geen uitgewer dit aanvanklik wou uitgee nie, is die boek later in vyf tale vertaal en word dit beskou as van die beste werke in Afrika-literatuur uit die vorige eeu. Chris het dit in 1974 in Afrikaans vertaal, maar nou wéér gedoen. Hy gesels met Antjie Krog en Alfred Schaffer.