GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 15 Oktober

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter geslag is minder geneig om hulp vir geestesgesondheid te soek? >Raaisel oor Malaria in die Vrystaat >Global Hand Washing Day >Vapes en mondgesondheid >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
15 Oct 38 min

#GROOTtrauma | 22 Oktober

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Hoeveel paar ribbes het die menslike liggaam? >Skokkende Studie: Hoë Loodvlakke Gevind in Gewilde Proteïenpoeiers >Check Jou Meds Dag >Dr Jerrie Bezuidenhoud gesels oor Geestesgesondheid en hoe om hulp te vind. >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
22 Oct 41 min

#GROOTtrauma | 8 Oktober

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita oor: >Mediese vasvrae: Waar of onwaar: Skizofrenie beteken dat ’n persoon ’n gesplete persoonlikheid het? >Yster¬tekort by vroue in Suid-Afrika beskou word as ’n “stille epidemie”. >Wêreld-Hospies- en Palliatiewe Sorgdag - Hanneke Lubbe, raadslid van die APCC, gesels oor die Association of Palliative Care…
8 Oct 35 min

#GROOTtrauma | 1 Oktober

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Hoeveel aantal chromosome het die menslike ligaam? >Trump se uitlatings oor pynstillers en outisme. >Grootskaalse diefstal en korrupsie in een van ons staats-hospitale. >Laevisie bewusmaking saam met Petro Grové in die ateljee >Dr. Jaco se mediese-wenk…
1 Oct 42 min

#GROOTtrauma - 17 September

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter orgaan help jou om geure en aromas te herken? >Skoksyfers: Swerm bye laat 4 mense in die hospitaal >Dis internasionale Eet ’n Appel Dag > Wêreld patiëntveiligheids-dag >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
17 Sep 44 min