Lunch Punch: Sky Ocean oor haar nuwe vrystelling - Magneet

Loading player...
Die sangeres Sky Ocean stel haar liedjie Magneet bekend terwyl sy trek en bokse uitpak.

Hierdie voet-stamp alternatiewe pop liedjie met ’n country aanslag is verwerk en vervaardig deur Sean Butler van Melody Lane Studios. Magneet kom ook uit die pen van Marli Mulder (Sky Ocean), Sean Butler en Abel Knobel.

Die lewendige enkelsnit handel oor die aantrekkingskragte tussen twee mense, wat soos ’n magneet se Noord-en Suidpole na mekaar getrek word en ’n konneksie vorm in ’n oomblik van aanraking.
2 Apr 2020 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min