US Woordfees Skrywersfees 2016

Skrywersfees 2016

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfeees 2016
Occasionally English South Africa Arts
56 Episodes
32 – 52

Rachelle Greeff: Die naaimasjien en ander verhale

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: 
Rachelle Greeff gesels met Hennie van Greunen oor haar nuwe kortverhaalbundel, Die naaimasjien en ander verhale. Rachelle se stories vertel van stukkende mense en hulle stiltes, maar ook hulle vermoë tot liefde anderkant stereotipes en vooropgestelde verwagtings.
9 Mar 2016 51 min

Regardt van den Bergh

Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Bekende akteur en regisseur Regardt van den Bergh gesels met Danny Fourie oor sy lewe, sy suksesse en teleurstellings, die Suid-Afrikaanse filmbedryf en die onvergeetlike ontmoeting met God wat sy hele lewe vir goed verander het.
9 Mar 2016 53 min

Kallie Schoeman – Schoeman Boerdery

Schoeman Boerdery bestaan al vanaf 1919 en Kallie is reeds vir 37 jaar aan stuur van sake. Die familieboerdery staan hoofsaaklik op twee bene: akkerbou in die distrik Delmas en sitrus op die bekende plaas Moosrivier by Marble Hall. Mense is hul grootste bate en Kallie streef daarna om goeie…
9 Mar 2016 57 min

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

Aangebied deur Penguin Random House: Jack Parow het meer as 7 miljoen aanhangers op YouTube, cd-verkope van oor die 100 000, en sy lirieke word as van die bestes in Afrikaans beskou. Skrywer en joernalis Herman Lategan kuier saam met Parow. Kom ervaar Parow soos jy hom nog nooit gesien…
8 Mar 2016 1 hr 03 min

Huldigingsgesprek: Ena Murray

Sy het die meeste boeke in Afrikaans verkoop, boer steeds op topverkoperlyste en het onderwerpe soos huishoudelike geweld aangespreek toe dit nog taboe was. Uitgewers Etienne Bloemhof, Nèlleke de Jager en Ettie Williams bing hulde aan Ena Murray, die skrywer wat as die doyenne van die Afrikaanse romanse beskou word.
8 Mar 2016 56 min

Dirk Mudge: Enduit vir ʼn onafhanklike Namibië

Aangebied deur Protea: Op 87 publiseer Dirk Mudge sy langverwagte outobiografie oor sy betrokkenheid by die politiek van Suidwes-Afrika, en later Namibië. Hy verduidelik aan Willie Breytenbach waarom dit Namibië so lank geneem het om onafhanklikheid te verkry en watter rol Suid-Afrika daarin gespeel het.
8 Mar 2016 58 min

Randall Wicomb: Kleur – my lewe, my lied

Aangebied deur Naledi: In hierdie biografiese verhaal vertel Randall Wicomb vir Amos van der Merwe van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ʼn huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie, die duur prys van roem, en hy onthou die besonderse mense wat sy loopbaan beïnvloed…
8 Mar 2016 50 min

Claire Robertson: The Magistrate of Gower

Presented by Penguin Random House
Claire Robertson’s The Spiral House won the the 2014 Sunday Times Fiction Prize. She talks to Michiel Heyns about her arresting new novel, The Magistrate of Gower, which is set in 1930 and explores the courage to choose love over fear.
8 Mar 2016 56 min

Vlam in die sneeu: Die briewe van André P. Brink en Ingrid Jonker

Aangebied deur Penguin Random House: André P. Brink en Ingrid Jonker se liefdesverhouding het die verbeelding van bewonderaars aangegryp. Hul korrespondensie het van April 1963 tot April 1965 geduur. Vlam in die sneeu is ʼn roerende boekstawing van hulle liefde. Francis Galloway, Kerneels Breytenbach en Karin Schimke gesels oor dié…
8 Mar 2016 56 min

Louis Janse van Vuuren en Hardy Olivier:
Die storie van ʼn huis


Aangebied deur Quivertree: 
Kookboek, storieboek, fotografieboek –Die storie van ʼn huis vertel van die streek se fabels en sprokies, en die geskiedenis van La Creuzette in die Franse platteland. Met pragtige foto’s van die huis, omgewing en feestafels, en liplekker resepte. Nanette van Rooyen praat met Louis en Hardy oor…
8 Mar 2016 48 min

Hein Kruger: Jou geldsake

Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Hein Kruger gee ’n Bybelse perspektief op begroting, besteding, skuld en beleggings. Hy gesels met Stephan Joubert oor hoe jy jou geld kan bestuur.
8 Mar 2016 44 min

Ronelda Kamfer: Hammie

Aangebied deur Kwela, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: 
Die verse in Ronelda S. Kamfer se jongste bundel, Hammie, eggo temas uit haar vorige werk, maar ondersoek veral die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Dit gaan oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde. Ronelda…
7 Mar 2016 46 min

My kind, my memoire

Aangebied deur Lapa, Jonathan Ball en Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Hoe skryf ʼn ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ʼn manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga…
7 Mar 2016 50 min

Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Aangebied deur Lapa: Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”- neiging by vroueskrywers?
7 Mar 2016 50 min

Hanlie Retief: Anderkant uit

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
In: Anderkant uit kom beroemdes sowel as gewone mense aan die woord. Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, skryf oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoë om trauma te oorkom. Sy deel die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef het met Lise…
7 Mar 2016 54 min

Elize Parker en Magriet Smit:
Een cuppuccino en ʼn cream soda, asseblief


Aangebied deur CUM
: Daai eerste rampspoedige afspraak, onbekende rampe met huisonderhoud, asook ander verwarrende verrassings – hierdie twee enkelma’s ken die bitter en die soet van die lewe. Elize Parker en Magriet Smit gesels oor dié oorwinningsgids vir dae wanneer die lagie sekerheid maar dun is en geloof, hoop en…
7 Mar 2016 29 min

Sugar Man: The Birth, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez

Presented by Penguin Random House: Craig Bartholomew Strydom and Stephen Segerman’s book explores the life and career of an iconic but elusive musician, as well as the odyssey of two Rodriguez fans to find out what had happened to their hero. They also reflect on the pursuit of die-hard filmmaker…
7 Mar 2016 56 min

François Verster: Omega, oor en uit

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: François Verster vertel aan Dana Snyman van sy avonture tydens basiese opleiding en sy dienspligtyd as onderwyser vir Boesmankinders op die basis Omega. Dit lewer etlike humoristiese oomblikke op weens die “siekverveelde uitdrukking” op sy gesig en sy rebelse streep. ’n Tweede storielyn…
7 Mar 2016 1 hr 01 min

Bybelvertaling is nie speletjies nie

Sedert die verskyning van die 1933-vertaling het agt ander vertalings van die Bybel die lig gesien. Hoe en deur wie is die onderskeie vertalings gemaak? Watter uitdagings staar vertalers in die gesig, veral wanneer daar met ʼn antiekeheilige teks gewerk word? Prof. Christo van der Merwe bespreekdie waarde van die…
5 Mar 2016 37 min

Marinda van Zyl: Amraal

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: 
In 2015 haal Marinda van Zyl se manuskrip Amraal die kortlys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Dié verhaal vertel van Amraal Lambert se strewe rondom 1800 om sy kinders buite bereik van die inboekstelsel te hou. Want Khoi-khoi is tot hulle 25ste…
5 Mar 2016 47 min
32 – 52