Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,924 Episodes
560 – 580

ToekomsVenster: Christene bly nie lê nie

Val is nie sleg nie, dis net sleg as jy bly lê. Christene bly nie lê nie, nie as die Woord van God die waarheid is nie. Sy beloftes en Gees sal jou toerus.
21 Aug 2023 10AM 2 min

ToekomsVenster: Skuldbelydenis is soos asemhaling

Skuldbelydenis is soos in- en uitasem. “Here vergewe, dankie Here dat U vergewe”. Ons moet haastig wees om sonde te bely. Die Here weet in elk geval daarvan. Kry dit uit die pad, vra genade dat jy nie weer en weer struikel nie.
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Laaste asem

Mag ek voorstel dat jy soos ek vandag ʼn paar oomblikke neem om daaraan te dink dat daar vir elkeen van ons  ʼn “laaste asem” geskeduleer is. Hoe wil ons leef in die lig van daardie realiteit?
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Die grootsheid van God se genade

Kom ons laat in die besonder ook die Gees toe om iets van die grootsheid van God se genade, sy teenwoordigheid, sy almag, sy omgee en sy liefde by ons tuis te bring; soveel so dat ons weer vir ʼn slag na ons asems sal snak.
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Kom op vir asem

Sjoe, ek dink dat dit ʼn wonderlike “asem-gebed” is, ʼn gebed waarin jy net vir een enkele oomblik dink aan die Een wat die lewe moontlik en die moeite werd maak. 
14 Aug 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Om soos sout te wees

Weet die mense rondom jou, in jou vriendekring, by die werk, ja selfs in die gemeente, dat jy ʼn oortuigde Christen is? Sal mense wat probleme ervaar jou nader omdat jy ʼn Christen is en hulle bes moontlik sal kan help?
8 Aug 2023 8AM 2 min

ToekomsVenster: Beloftes maak skuld

Ons verkwalik politici en amptenare omdat hul so integriteitloos optree, maar is ons konsekwent om wat ons belowe het gestand te doen?
30 Jul 2023 12PM 2 min

ToekomsVenster: Bid daaroor

Die teks wat vandag aangehaal word, is mooi en besonders. Wie beter om ʼn mens in jou besluitneming te adviseer as juis die Here. Hier belowe Hy dit.
30 Jul 2023 12PM 2 min

ToekomsVenster: Antwoorde op jou gebed

Miskien is daar vandag iets waaraan jy niks kan doen nie. Rus in die wete dat die Here betroubaar is. Miskien is daar iets waarvoor jy al lankal bid. Dalk sê die Here dis tyd dat jy die antwoord op jou gebed moet wees.
30 Jul 2023 12PM 3 min

ToekomsVenster: Kom ons praat oor sonde

Dit is juis die verrassende aspek van ons God. Hy gee nie met ons op nie. Hy roep sonder ophou. Hy roep terug, Hy wag dat ons soos die verlore seun in nederige afhanklikheid sal terugkeer.
28 Jul 2023 3AM 3 min
560 – 580