100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
260 – 280

Klapgevegte kry meer skop in Saudi Arabië

Jaco “Groot Wit” Marnaveck, die plaaslike Klapgeveg kampioen, is op pad na Saudi Arabië, waar hy aan die nuwe Power Slap-kompetisie gaan deelneem. Hy gesels met ‘n baie dapper Neels.
9 Jan 16 min

Coenie Naudé stel 'Falling' vry

Die rock-musikant en omroeper by Radio Laeveld, Coenie Naudé, se jongste enkelsnit is vandag vrygestel. Hy sê vir Sonop Ontbyt hy skryf nie gewoonlik in Engels nie.
13 Dec 2024 11 min

Francois van Coke: Aande

Francois Van Coke en Ryno Velvet sing saam aan sy jongste enkelsnit, "Aande" wat gister vrygestel is. Hulle gesels met Skedaddle.
6 Dec 2024 7 min

Penryn-leerling dig toekenning los in Afrikaans

Alivia Ferreira, 'n (Engelssprekende) Penryn-leerling, het met haar gedig Rivier se Fluister die ATKV-DigiGedigte se kategorie vir gr. 8 en 9 Afrikaans eerste addisionele taal gewen. 
5 Dec 2024 6 min

Sanral neem verskeie paaie oor

Verskeie provinsiale en munisipale paaie is tot nasionale paaie verklaar. Linda Grimbeek van die KLCBT verduidelik watter paaie in die Laeveld dit raak.
2 Dec 2024 2 min

Natascha C en Henry John keer terug na planke

Natascha C en Henry John Williams is terug en gaan vroeg in 2025 weer saam in die Laeveld konsert hou. Skryf solank Valentynsdag in jou dagboek. Hulle gesels met Amanda.
29 Nov 2024 23 min

Lila stel eerste album vry

Die plaaslike sangeres, Lila Swift, het gisteraand haar eerste vollengte album bekendgestel in Nelspruit. Sy het vooraf by Charles en Coenie, self musikante, kom kuier.
29 Nov 2024 5 min

Alicia Bullen maak SA, Laeveld trots in Spanje

Alicia Bullen het vroeër die maand geskiedenis vir Suid-Afrika gemaak deur die eerste Fitness Challenge-atleet te word wat die land by twee IFBB Fitness Challenge Wêreldkampioenskap-kompetisies verteenwoordig het. Bullen was een van slegs nege Suid-Afrikaanse atlete wat deelgeneem het en het drie medaljes in Santa Susanna, Spanje, verower.
27 Nov 2024 13 min

Laeveld Lugskou weer die beste

Die Laeveld Lugskou is vir die vierde keer aangewys as die beste lugskou in die land - op sigself 'n rekord. Johan Heine en Naranda Leeuwner gesels met Sonop Ontbyt.
26 Nov 2024 11 min

Varsproduktemark: Einde in sig vir konstruksie?

Nog sowat R159,5 miljoen is die week aan die Mpumalanga Internasionale Varsproduktemark toegewys om hom kwansuis te operasionaliseer. Bosman Grobler van die DA wat al 10 jaar 'n ooggetuie is van die mark se ontwikkeling, bring ons op die hoogte van waar sake staan.
21 Nov 2024 15 min

Laeveld kwilters vier 35 jaar

Die Laeveld Kwiltersgilde bestaan vanjaar reeds 35 jaar. Die huidige voorsitter, Amanda Brugman, vertel saam met Cathy Kotze wat hierdie vorm van naaldwerk behels. Om meer uit te vind, kontak hulle by 082-339-6465.
20 Nov 2024 11 min

Kragonderbreking vir instandhouding uitgestel

Die beplande 32 uur kragonderbreking vir West Acres is onbepaald uitgestel. Thea Rix sê dit was net te ongeleë nou met kinders wat nog eksamen skryf. Die beplande instandhoudingswerk moet egter steeds gedoen word. Sy gesels met Sonop Ontbyt.
20 Nov 2024 15 min

32 uur kragonderbreking doem op

'n Groot deel van Mbombela sal vanaf Woensdag, 20 November, om 09:00 tot Donderdag, 21 November, om 17:00 sonder elektrisiteit wees, vir die munisipaliteit om instandhoudingswerk te doen aan die West Acres-substasie. Ons gesels met Callum Mac Pherson oor hoe om voor te berei en veilig te bly.
19 Nov 2024 14 min

2024 brande: Dit was die ergste in jare

2024 se brandseisoen in the Laeveld was die ergste in jare, sê André Scheepers van Lefpa. Dit duur jaarlikse vanaf mei tot Oktober. Nagenoeg 15% van Mpumalanga se 415 000 ha het gebrand. Die meeste daarvan was vir twee weke in middel Julie. Scheepers skryf 80% van die brande toe…
18 Nov 2024 15 min

Pas op vir slenters die feestyd

Slenters neem toe, veral hierdie tyd van die jaar. Dit raak ook so gesofistikeerd, dat jy baie mooi moet oplet of jy val dalk net vir 'n bedrogspul en verloor jou geld. Die Mpumalanga Valke waarsku waarvoor om op die uitkyk te wees. Gen. maj. Nico Gerber, brig. Gregory Gallard…
18 Nov 2024 20 min

Shaun Wulf droom natuurlik van Wembley

Die musikant Shaun Wulf en dromspeler Damian Pontuti is vanaf Margate op toer in Gauteng en Mpumalanga. Hulle het vir 'n geselsie by die 100.5FM-ateljee ingeloer.
15 Nov 2024 12 min
260 – 280