100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
280 – 300

Klein Zetske vuur en vlam vir busse

Zetske Izeboud (20 maande) het 'n ritueel saam met haar pa, Heinrich, en oupa, Willem Fourie: Elke oggend staan hulle in die voortuin en waai vir die Buscor-busse wat verbyry. Die pendelaars waai nou al terug en die busbestuurders toet vir haar. Sy is absoluut gaande oor enigiets met wiele,…
15 Nov 2024 7 min

Hooggeregshof bly gedeeltelik ontruim

Daar is sedert sy opening in Mei 2019, geen instandhoudingswerk gedoen aan die Mpumalanga Hooggeregshof se gebou in Mbombela nie. Flip van der Walt van die Vereniging van Staatsamptenare verduidelik hoekom slegs enkele kantore en hofsale in gebruik kan wees tot instandhoudingswerk aan die dak en lugverkoelingstelsel teen 13 Desember…
14 Nov 2024 14 min

MOTHS doen hul deel vir oud-soldate

Die MOTHS hou 22 November by Matumi wat hul bedrywighede sal ondersteun. Old Bill Roelf Faurie verduidelik vir Skedaddle wat hulle alles doen.
14 Nov 2024 14 min

Independent-groep se skorsing: Goed vir vryheid van spraak?

Die Independent Media-groep is uit die Persraad van Suid-Afrika geskop na hulle geweier het om te voldoen aan twee uitsprake teen hulle. Beide was opiniestukke waarin joernaliste beledig is, sonder dat dit deur feite gestaaf kon word. Helene Viljoen, 'n media prokureur en verteenwoordiger op die PR se paneel van…
8 Nov 2024 8 min

Rudi nou amptelik 'n legende

Rudi Oosthuyse van Grove SUPERSPAR se slaghuis (en Rudi se Perperwors-faam) is nou amptelik 'n legende - na hy met die Cleaver Legend-toekenning vereer is. Dit word uitgereik vir die wen van die meeste Cleaver-toekennings die afgelope 20 jaar.
7 Nov 2024 8 min

Dubbele Kroon vir Nelspruit-modelle

Anke Strydom aangewys as die nuwe Little Miss South Africa 2024 en Chriske Schwirzer aangewys as die nuwe Miss Teen South Africa 2024. Hulle gaan die jaar verskeie liefdadigheidswerk- en -projekte aanpak tot voordeel van die gemeenskap.
7 Nov 2024 8 min

KLCBT-toekennings een vir die boeke

Die KLCBT-toekennings vir 2024 is Vrydagaand by 'n gala-geleentheid aangekondig. Luister hier wie was die groot wenners op die aand.
5 Nov 2024 9 min

Tennisster op pad na gesogte akademie in VSA

Chané Steyn (graad 11) het ’n ongelooflike geleentheid gekry om aan die einde van die jaar by die Great Base Tennisakademie in die VSA aan te sluit. Vir die afgelope drie jaar het Chané verskeie prestasies en hoogtepunte behaal. Sy gesels met Charles.
5 Nov 2024 9 min

Protes teen Bela Dinsdag gehou

Solidariteit hou Dinsdag, 5 November in Pretoria 'n optog teen die Bela-wet, waarvan kwessies oor taal- en toelatingsbeleid nog nie in werking gestel is nie. Tiaan Schoeman, 'n netwerk organiseerder in Nelspruit, verduidelik dat Afrikaanse ouers moet saamstaan om en masse hul teenkanting te wys. As jy nie saam kan…
31 Oct 2024 6 min

SACBW Nelspruit se vroue vlieg hoog in 2024

Lonice Wessels is as die Sakevrou van die jaar aangewys by die SACBW se nasionale gala-aand vroeër die maand. Ashleigh Pauls is die Rising Star en die Nelspruit-tak is as die tak van die jaar bekroon. Dit beteken dat die AGM en Gala van die nasionale organisasie in Oktober 2025…
30 Oct 2024 13 min

Span Carpe Diem maak Mpumalanga trots

Span Carpe Diem het aan die onlangs Sasol-sonkraguitdaging deelgeneem. Hulle het in die Innovasie-klas deelgeneem. Dit was omtrent 'n ervaring. Die span kuier by Charles in die ateljee.
29 Oct 2024 20 min

Alicia Bullen het oog op nog medaljes by Wêreld-kampioenskap

Alicia Bullen is die enigste Laevelder wat volgende week aan die Wêreld-kampioenskap vir Fiksheid in Liggaamsbou gaan deelneem. Sy sê vir Andri sy is in staat om vir die afgelope twee jaar professioneel deel te neem aan dié sport.
24 Oct 2024 12 min

Curro slimkop werk hard vir universiteitstoer

Anrich Groenewald (14), 'n leerling van Curro Nelspruit, is hard aan die werk om self die fondse in te samel wat hom sal toelaat om die Academic Achievers Tour 2025 na die Ooskus van die Verenigde State te onderneem. Hy vertel saam met sy ma, Lené de la Rey, vir…
24 Oct 2024 6 min

Ikoniese Cobra's die naweek in Laeveld

Die Cobra-klub Suid-Afrika is die naweek in die Laeveld met hierdie ikoniese karre. Heinrich du Preez, die voorsitter van die klub, gesels met Sonop Ontbyt.
23 Oct 2024 13 min

Hoe moet jy regtig eet?

Jy is uniek en wat vir iemand anders werk, is nie noodwendig vir jou geskik nie. Watter dieet is ideaal vir jou? Leefstyl-afrigter Anntonette Roux het navorsing gaan doen.
22 Oct 2024 17 min

So werk Alzheimer se siekte

Hoe weet 'n mens iemand het dalk Alzheimer se siekte? Kiki Mswane en Talitha van der Walt van Adasa Mpumalanga gesels met Amanda.
21 Oct 2024 20 min

Khayalami nou voorste verblyf- en konferensie-sentrum in Mpu

Khayalami Hotel Group het die afgelope 16 jaar gegroei tot waar hulle vandag hotelle in Ermelo, Secunda, Standerton, Witbank, Kaapstad en Sandton ook het - buiten die oorspronklike een Mbombela. Tracy Nkosi-Manuel gesels met Sonop Ontbyt.
18 Oct 2024 12 min
280 – 300