Protes teen Bela Dinsdag gehou

Loading player...
Solidariteit hou Dinsdag, 5 November in Pretoria 'n optog teen die Bela-wet, waarvan kwessies oor taal- en toelatingsbeleid nog nie in werking gestel is nie. Tiaan Schoeman, 'n netwerk organiseerder in Nelspruit, verduidelik dat Afrikaanse ouers moet saamstaan om en masse hul teenkanting te wys. As jy nie saam kan gaan marsjeer nie, onderteken gerus die petisie daarteen hier: https://beweging.co.za/bela-protes/
31 Oct 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

DA eis dat Mbombela afsny van krag staak

Die DA eis dat Mbombela-munisipaliteit ophou om mense se kragtoevoer af te sny. Koukusleier, Robert Dlamini verduidelik die amnestie-kwessie saam met raadslede Sanley van der Merwe en Thea Rix.
13 Nov 7 min

MTBR positief

Stian Schutte van PSG Wealth is baie positief oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, gister gelewer het. Hy sê die markte is ook.
13 Nov 12 min

Jy het bes moontlik finansiële stres-sindroom

Finansiële stres-sindroom hou verband met middelklas armoede: Jy het kennis en 'n goeie inkomste, maar tog is jy finansieël op jou knieë. Klink dit bekend? Gary Kayle van Cumulate sê daar is hulp.
12 Nov 13 min

Liyana: 'Let Love Die'

Die R&B-sangeres Liyana se jongste enkelsnit, "Let Love Die" is onlangs vrygestel. Sy vertel hoe haar grootwordjare in 'n Duits-Filipynse huishouding in Mbombela haar musiekinvloede gevorm het.
12 Nov 6 min