Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2260 – 2280

Verstappen behaal vierde oorwinning

Red Bull-jaer Max Verstappen het sy vierde oorwinning van die seisoen by die Azerbeidjan Grand Prix behaal. George Russell van Mercedes was tweede en Carlos Sainz derde in sy eerste podiumplek vir Williams. Lando Norris van McLaren was sewende. Die gaping tussen hom en sy teenstander en spanmaat, Oscar Piastri,…
22 Sep 1AM 1 min

Huidige buitelandse beleggings skep nie werk nie

Direkte buitelandse belegging in Namibië beleef ‘n welkome bloeityd, maar dit is beperk tot olie-eksplorasie- en ander mynboubedrywighede, sê die gesoute ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown. Beleggings in ander sektore lyk als behalwe rooskleurig, het Brown tydens die Enhancing Namibia’s Competitiveness Through Ease of Doing Business Seminar…
22 Sep 12AM 1 min

Wanadministrasie by SOE's beklemtoon weer belangrikheid van komende verkiesing

Die ouditeur-generaal se jongste verslae het ernstige finansiële wanbestuur by verskeie openbare instellings blootgelê. Die Nasionale Jeugdiens skuld NamRA meer as 82 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde werknemersbelasting en het 'n bedryfstekort van 78,5 miljoen dollar aangeteken. By die Nkurenkuru-dorpsraad dui 'n tekort van 18,9 miljoen dollar en stygende loonkoste…
22 Sep 12AM 1 min

GRN-toelae dek nie basiese onkostes nie

Nog reaksie word ontvang op die toenemende druk op die regering om die maandelikse kinderonderhoudstoelaag van 350 Namibiese dollar te hersien, wat sedert 2003 nie verhoog is nie. Gemeenskapsaktivis Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die toelae, wat bedoel is om kinders van lae-inkomste ouers, weeskinders en…
21 Sep 11PM 1 min

Batohi waarsku oor uitspraak rakende Madlanga-getuienis

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, het Suid-Afrikaners versoek om uitspraak voor te behou oor getuienis voor die Madlanga-kommissie. In die eerste drie dae van die ondersoek het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, getuig dat sakemanne die regstelsel geïnfiltreer het met die steun van top-polisiebeamptes. Batohi sê dit…
21 Sep 11PM 1 min

NaCC oorweeg Nasan Energies se verkryging van vulstasies

Die Namibiese Mededingingskommissie sê hulle hersien tans Nasan Energies Namibia se voorgestelde verkryging van 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies. Woordvoerder Dina //Gowases het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n ondersoekproses aan die gang is om te bepaal of die transaksie voldoen aan die regulatoriese voorwaardes wat tydens die 2023-samesmelting tussen…
21 Sep 6AM 1 min

NNN land in New York

President Netumbu Nandi-Ndaitwah het Saterdag in New York geland vir die 80ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 23 tot 29 September. Sy sal na verwagting Woensdag haar debuuttoespraak in die Algemene Vergadering lewer. Net voor haar vertrek uit Windhoek Vrydag, het Nandi-Ndaitwah die volgende boodskap gehad: 
21 Sep 6AM 1 min

Rundu kry 21 boorgate

Die regering het 21 boorgate in Kavango-Oos laat sink om die voortdurende watertekorte in Rundu en omliggende gebiede te takel. Eerste minister Elijah Ngurare het Saterdag tydens ‘n besoek aan die streek gesê installering van die nodige infrastruktuur sal binne twee weke deur die landbouministerie afgehandel wees.
21 Sep 4AM 1 min

Tyd loop uit vir registrasie van e-bestel-taxi's

Die sperdatum vir e-bestel-taxi's om openbare passasierspermitte te bekom kom vinnig nader, met die afsnydatum wat vir die einde van September gestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met vervoerminister Veiko Nekundi, gepraat, wat sê dat, volgens inligting wat hy ontvang het, meer as 1 000 bestuurders reeds deur hul maatskappye…
21 Sep 3AM 1 min

Madlanga: Eerste week as mylpaal geloof

Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het die kommissie se eerste week as 'n belangrike mylpaal geloof en sê daar was vordering ondanks openbare skeptisisme en vertragings. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Michaels het aan Newzroom Afrika gesê ernstige bewerings is…
21 Sep 2AM 1 min

EK Toerisme baanbreker in sektor

Namibië gaan 'n baanbrekerkonsep in die toerismesektor bekendstel, genaamd EK Toerisme, of emosionele intelligensie-toerisme. Die voormalige president van die Professionele Sprekersvereniging, Siegfried Lange, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus onthul dat die eerste boek in 'n reeks, getiteld “EQ Tourism, Volume 1, 2025”, op 16 Oktober by Arebbusch…
21 Sep 1AM 1 min

DA kondig Helen Zille as burgemeesterskandidaat vir Johannesburg aan

Die DA-leier John Steenhuisen het die party se Federale Raadsvoorsitter, Helen Zille, as hul burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing aangekondig. Steenhuisen het in Soweto gesê Johannesburg is 'n stad van buitengewone mense wat deur swak politieke leierskap belemmer word. Steenhuisen het politici beskuldig dat hulle die stad…
21 Sep 12AM 1 min

AfriForum sal standbeelde teen EFF beskerm

AfriForum sê hy sal die EFF se plan beveg om Afrikanerstandbeelde en -monumente te verwyder en te vernietig. Dit volg nadat die EFF-hoofsweep, Nontando Nolutshungu, 'n mosie in die Parlement ter tafel gelê het waarin gevra word vir die verwydering van figure soos Louis Botha, Paul Kruger, Jan van Riebeeck…
20 Sep 7AM 1 min

Nuwe name vir vyf Etosha-hekke

'n Wetsontwerp om die hekke by die Etosha Nasionale Park te hernoem word deur die justisieministerie hersien. Die kwessie het aandag getrek nadat Swapo-parlementslid Tobie Aupindi die Nasionale Vergadering versoek het om die Galton-hek na Otjozovandu te hernoem. Aupindi het Sir Francis Galton, na wie die hek genoem is, gekritiseer…
20 Sep 6AM 1 min

Madlenga: Cele maak polisiekommissaris 'baie ongemaklik'

Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het sy teleurstelling uitgespreek met die optrede van die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele. Mkhwanazi, wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig, sê Cele het na bewering probeer inmeng in 'n dissiplinêre saak teen misdaadintelligensiehoof, Feroz Khan deur druk op die…
20 Sep 5AM 1 min

Omusati Ras Sheehama se laaste rusplek

Wyle Ras Sheehama, die Namibiese reggae-legende, word vandag in die Onamulunga-nedersetting in Omusati begrawe. Sheehama het vroeër vandeesmaand sy eie lewe in Windhoek geneem. ‘n Gedenkdiens vir die musikant is Vrydag in die nedersetting gehou, bygewoon deur familie, vriende, bewonderaars en hooggeplaaste regeringslui. Avo Emilio, wat in 1999 by die Ras…
20 Sep 4AM 1 min

Trump sê TikTok-kwessie opgelos, Beijing bly vaag

Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die…
20 Sep 2AM 1 min

Die reën is op pad!

Reën is môre op pad na dele van Namibië . 'n Afsny-laagdrukstelsel en oostelike vloei sal na verwagting donderbuie na Kavango-Wes, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke en die suidweste bring. Dit is volgens weervoorspeller Olga Tjiueza, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.
20 Sep 1AM 1 min

Copps 94.1: Polisie maan teen inbrekers

Copps 94.1 het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met die Namibiese polisie wat die publiek gewaarsku het om op hul hoede te wees vir inbrekers. Diewe teiken veral elektroniese toerusting in huise wat nie voldoende beveilig is nie. Hoofinspekteur Katrina Naukushu het meer:
20 Sep 12AM 1 min
2260 – 2280