Cosatu verwelkom die ooreenkoms tussen Eskom en die ferrochroom-vervaardigers, Samancor Chrome en die Glencore–Merafe Chrome Venture om afleggings te staak. Dit sou meer as sewe-duisend werkgeleenthede van hierdie maand af in gedrang bring. Volgens die ooreenkoms word ʼn taakspan aangestel om langtermyn-ingrypings te ontwikkel om mededingendheid in nywerhede te ondersteun…
Slegs voorgraadse studente aan openbare en private tersiêre instellings, insluitend tegniese en beroepsopleiding, kwalifiseer vir gesubsidieerde onderwys. Dit beteken dat registrasiegelde en klasgelde deur die regering gedek sal word. Ander geskiktheidskriteria sal geïdentifiseer en toegepas word vir befondsing van nagraadse studies, terwyl 'n nasionale prioriteitslys van studies ontwikkel word om…
Die DA eis die volledige instelling van die 2015-verdedigingshersiening wat ʼn oproep is vir volgehoue en veelvlakkige militêre gesondheidsorg. Dit volg na berigte dat slegs 27-persent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesond genoeg is om ontplooi te word, terwyl die gesondheidstatus van 36-persent van soldate onbekend is. Chris Hattingh van…
Vandag is Vrouedag en Kosmos 94.1 Nuus vier vroue saam met die res van die land. Die nuusspan het met Karmen Mynhardt van Pupkewitz Nissan Swakopmund gepraat, wat as 'n verkoopsvrou werk. Mynhardt is al 17 jaar lank in die bedryf en deel haar boodskap aan alle vroue.
Ter viering van Menseregtedag en Namibië se Vrouedag, bied die Reghulpsentrum vandag 'n belangrike voldag-werkswinkel vir San-opleidings-regsassistente aan. Die geleentheid, 'n sleutelonderdeel van die projek "Bemagtiging van San-gemeenskappe: Regskapasiteitsbou vir Toegang tot Menseregte", sal fokus op die versterking van gemeenskapsgebaseerde menseregtekapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die…
President Donald Trump van Amerika het Europese leiers gekritiseer en as swak beskryf. Hy sê hulle sukkel met immigrasie-druk en die beëindiging van Rusland se oorlog teen Oekraïne. Sy opmerkings volg ná die bekendstelling van ʼn nuwe Amerikaanse nasionale veiligheidstrategie waarin Europa beskuldig word van oorregulering, dalende selfvertroue en dat…
Old Mutual Wealth Namibia sê welvaart is meer as die syfers op 'n staat, en waarsku dat baie Namibiërs met beduidende bates steeds groot finansiële besluite alleen neem, dikwels teen 'n koste. Christopher Freygang, Welvaartbestuurder by die maatskappy, sê gepersonaliseerde, verhoudingsgebaseerde finansiële advies is nie 'n luukse nie, maar 'n…
Die vakbondfederasie Saftu sê die regering moet meer doen om die toenemende krisis te verhoed van blootstelling aan plaagdoders, voedselbesmetting en die verwoestende gesondheidsgevolge vir plaaswerkers en landelike gemeenskappe. 'n Onlangse studie het bevind dat 67 plaagdoders, wat reeds in Europa verbied is, steeds na Suid-Afrika uitgevoer en hier gebruik…
Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2…
Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en…
Die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park by Sossusvlei wek steeds kommer. Operateurs sê die Farm Arbeit-kampeerterreinkonsessie, wat in 2024 aan About Africa.Co toegeken is, blyk anders te ontvou as wat die oorspronklike tender belowe het. In plaas van 'n nie-eksklusiewe pendeldiens na die Dooievlei, beweer die maatskappy nou dat…
Die Forum for South Africa sê organisasies soos AfriForum en Solidariteit moet gestraf word omdat hulle volgens die forum leuens oor die land in Amerika versprei. Die drukgroepe wie se besoeke aan Amerika die afgelope maande opslae in die media gemaak het, word beskuldig dat hulle met buitelandse magte saamwerk…
Die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, glo die reeks teen Indië is die perfekte geleentheid vir spelers om hulself te bewys, veral voor volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. David Miller is ingesluit in die groep van 16 terwyl die snelbouler Anrich Nortjé ook na meer as 'n jaar terugkeer. Die reeks…
Die Regterlike Dienskommissie het meer oor die pos van die aanklaer-generaal wat geadverteer is met ‘n sluitingsdatum van 16 Januarie volgende jaar. Die huidige aanklaer-generaal, Martha Imalwa, wat sedert 2004 in die pos dien, se termyn kom op 31 Desember tot ‘n einde maar, dit is nou verleng tot die…
Die dodetal in hernude gevegte oor ʼn grensgeskil tussen Thailand en Kambodja het tot tien gestyg. Geweld het Maandag uitgebreek, minder as twee maande nadat die lande ʼn gesamentlike vredesverklaring onderteken het. Kambodja sê nog twee burgerlikes is oornag dood in bomaanvalle deur Thaise magte, wat sy sterftesyfer op sewe…
Die vakverbond Cosatu is uiters ontsteld oor die toestand van plaaslike regering, met wanbestuur, korrupsie, onderbefondsing en die gebrek aan belastinginvordering wat gelei het tot werkers wat nie betaal word nie en basiese dienste wat agteruitgaan. Die vakverbond het sy voorlegging oor die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring se Wysigings- en Aanpassingswetsontwerpe op die…
‘n Jaar na die val van die Assad-regime in Sirië is dit duidelik dat die omvang van landmyne baie wyer strek as wat verwag is. Die internasionale organisasie wat landmyne verwyder, HALO, se programdirekteur vir Sirië, Simon Jackson, sê hulle het meer as 1 600 ongevalle gehad as gevolg van…
Die 5de Nasionale Manskonferensie is tans aan die gang, met 'n sterk oproep aan mans om die stilte te verbreek oor die mishandeling wat baie van kleins af in die gesig staar. Dit is in ‘n poging om geslagsgeweld te bekamp en mans emosioneel te bemagtig. James Itana, uitvoerende direkteur…
Die Afrika Ontwikkelingsbank het 1,78 miljard Amerikaanse dollar, sowat 30 miljard Namibiese dollar, aan Namibië bewillig, wat ten doel het om ekonomiese transformasie en inklusiewe groei van 2025 tot 2030 te stimuleer. Die meeste van die bedrag sal in die vorm van lenings wees, maar daar sal ook toelae wees…
9 Dec 5AM
1 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.