Unam maak reg vir gratis tersiêre onderwys

Loading player...
Slegs voorgraadse studente aan openbare en private tersiêre instellings, insluitend tegniese en beroepsopleiding, kwalifiseer vir gesubsidieerde onderwys. Dit beteken dat registrasiegelde en klasgelde deur die regering gedek sal word. Ander geskiktheidskriteria sal geïdentifiseer en toegepas word vir befondsing van nagraadse studies, terwyl 'n nasionale prioriteitslys van studies ontwikkel word om as 'n sleutel-geskiktheidskriterium vir toekomstige nagraadse befondsing te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam, Simon Namesho, gepraat wat sê hulle ondersteun die regering.
10 Dec 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n parool vir Leigh Matthews-moordenaar

Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
20 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min