
Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks
Loading player...
Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings, insluitend selfmoord.

