Die Afrika Ontwikkelingsbank het 1,78 miljard Amerikaanse dollar, sowat 30 miljard Namibiese dollar, aan Namibië bewillig, wat ten doel het om ekonomiese transformasie en inklusiewe groei van 2025 tot 2030 te stimuleer. Die meeste van die bedrag sal in die vorm van lenings wees, maar daar sal ook toelae wees…
Namcor en ReconAfrica, die operateur van PEL 73, het uiters suksesvolle uitslae aangekondig na die boor van die Kavango-Wes 1X eksplorasieput. Aansienlike koolwaterstowwe is bevestig, en 'n produksietoets sal volg. Maar ReconAfrica is al telkemale gekritiseer dat hulle hul bevindinge opblaas, wat dan hul aandeleprys bevoordeel. Die Namibiese Kanadees Rob…
Die administrasie van president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die laaste kabinetsessie van die jaar gehou. Die president het die kabinet toegespreek en haar ministers herinner oor dienslewering en sê verder dat die ondersteuning vir Swapo versterk moet word.
Die Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het bevestig die polisie het een van die twee voertuie opgespoor wat gebruik is in die moord op die Madlanga-kommissie-getuie Marius van der Merwe. Hy is Vrydag buite sy huis in Brakpan doodgeskiet. Masemola het die Van der Merwe-gesin gisteraand oor die vordering in die…
Die Katutura Residents and Ratepayers Association het 'n afvaardigingsversoek aan die Stad Windhoek gestuur. Dit is 'n wetlike bepaling in terme waarvan hulle gevra het om in Februarie aangehoor te word tydens die tweede sitting van die nuwe raad. Hulle redes is dat hulle wil hê die nuwe raad uitstaande…
Die Australiese snelbouler, Josh Hazlewood, is weens ʼn besering nie beskikbaar vir die res van die reeks om die As nie. Hy het verlede maand sy dyspier seergemaak in Australië se Sheffield Shield-kompetisie. Hazlewood het verlede week nog ʼn terugslag gehad toe hy sy haksening beseer het. Australië loop tans…
Die Regering van die Wes-Kaap het 17 miljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig vir brandbestryding vanuit die lug om hierdie somer vinniger op veldbrande te reageer. Die befondsing is deel van die provinsie se 2025/2026 somergereedheidsinisiatief, wat gemeenskappe, eiendomme en kritieke natuurlike infrastruktuur sal beskerm. Verlede jaar is meer as 11 000…
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê sanksies wat die Europese Unie en Amerika die afgelope maande teen Rusland ingestel het, het tans ʼn groot uitwerking op Rusland se ekonomie. Hy het gister in Downing-straat in Londen met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, Britse eerste minister Keir Starmer, en Duitse kanselier…
'n Gespesialiseerde sweisopleidingswerkswinkel sal in Outapi, in die Omusati-streek van Namibië, gehou word van 15 Desember tot 19 Desember. Die Nakanyale Beroepsopleidingsentrum sal die opleiding aanbied. Sweiswerk is 'n hoeksteen van industriële ontwikkeling, noodsaaklik vir infrastruktuur, energieprojekte en vervaardiging. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Albin Jacobs, van die Baumgartsbrunn…
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se verliese in die verkiesing was nie per ongeluk nie, maar is veroorsaak deur korrupsie, staatskaping, mislukte dienslewering en ekonomiese stagnasie. Hy het gister die party se middeltermyn-verslag by die vyfde Nasionale Algemene Raad in Boksburg, Ekurhuleni, gelewer. Mbalula sê die…
President Cyril Ramaphosa sê idees van wit oppergesag en valse bewerings van wit vervolging hou 'n bedreiging in vir Suid-Afrika se eenheid, soewereiniteit en internasionale betrekkinge. Ramaphosa het tydens die ANC-konferensie in Boksburg, Ekurhuleni, 'n beroep gedoen op wêreldwye pogings om hierdie mites om te keer. Hy het bygevoeg dat…
Liverpool se bestuurder, Arne Slot, ontken dat die situasie met voorspeler Mohamed Salah sy gesag ondermyn. Die Egiptenaar het Saterdag in ʼn skokkende onderhoud beweer die klub het hom in die steek gelaat en sy verhouding met Slot het skade gely. Die bestuurder het Salah vir Liverpool se laaste drie…
Die gesondheidministerie is besig om die regulatoriese proses te begin om die MIV-inspuiting Lenacapavir in Namibië uit te rol. Namibiërs in die private sektor sal eerste die duur inspuiting kan bekom. Die spuit kos tans 482 000 Namibiese dollar per jaar vir een pasiënt. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike…
Inflasie vir November was effe laer as Oktober se 3,6 persent en is op 3,4 persent gemeet, maar was hoër as verlede jaar November se 3 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen gepraat vir 'n vooruitsig van inflasie-verwagtinge in die komende jaar.
Die handelsministerie hou tans landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderingswetsontwerp. Die konsultasies is hoofsaaklik op die privaatsektor gemik. Die wetgewing lok kritiek uit van kenners wat sê dit is nie beter as die vorige een nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat, wat skerp kritiek teen die…
'n Kragtige aardbewing wat 7,6 op die Richterskaal gemeet het, het in die see naby die noord-oostelike streke van Japan net na 11-uur Maandagaand voorgekom. Tsunami-waarskuwings en ontruimingsbevele is uitgestuur vir inwoners van die Aomori-, Iwati- en Hokkaido-prefekture. Skuddings is in Tokio en bykans die hele Japan gevoel, en beserings…
Die Wes-Kaap het sy bewaringsgebied met 47 000 hektaar uitgebrei, insluitend twee nuwe natuurreservate, Waterkloof en Zebraskop in die Klein Karoo, die uitbreiding van Anysberg in dieselfde streek en Knersvlakte in Namakwaland. Luke Folb van CapeNature sê die toevoegings beskerm bedreigde plante en natuurlewe, insluitend Kaapse bergsebras, en verbeter landskaps-verbinding…
Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM
1 min
260 – 280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.