Staatspensionarisse se pensioen gaan vandeesmaand vroeër as gewoonlik uitbetaal word. Angela Ndatipo, digitale media- en bemarkingsbeampte van die Namibiese Regeringsinstellingspensioenfonds, die GIPF, het meer:
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party se personeel is uiteindelik betaal, maar erken die kwessies stel die organisasie in ʼn swak lig. Werkers by die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis en sommige in provinsies se salarisse is in November weer laat betaal, terwyl pensioenfonds- en mediesefondsbydraes ook nie betaal…
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir gewone paspoorthouers uit Palestina teruggetrek. Die stap volg nadat 'n groep van 153 Palestyne verlede maand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, op 'n huurvlug uit Kenia aangekom het. Schreiber sê ondersoeke het…
Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span daarvan beskuldig dat hulle swig onder die intense geestelike druk van krieket om die As. Dit volg nadat Engeland met agt paaltjies teen Australië op die Gabba verloor het, en nou 2-0 agter is in die reeks. Stokes sê die span is…
Die Namibiese Inkomste-owerheid, NamRA, gaan vandeesweek met belanghebbers ontmoet. Die eerste vergadering is met Order-with-me entrepreneurs wat buitelandse produkte na die plaaslike mark bring deur bestellings vir hulle kliënte te doen en middelman speel by die grensposte en doeanepunte. Dié groep word dikwels geteiken deur konfiskerings. Tonateni Shidhudhu, die hoof…
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het nuwe wetgewing aangekondig wat die beskerming van verklikkers sal versterk. Die aankondiging is die naweek gemaak na die moord in Brakpan, Ekurhuleni, op 'n getuie van die Madlanga-kommissie, Marius van der Merwe, bekend as Getuie D. Sy sê die konsepwetsontwerp…
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê die tweede fase van ʼn Amerikaanse plan om die oorlog in Gaza te beëindig, is op hande maar waarsku verskeie belangrike kwessies moet nog opgelos word. In die huidige skietstilstand-ooreenkoms se eerste fase het Hamas die laaste 20 lewende gyselaars vrygelaat in ruil…
Die Springbok-sewes het Argentinië naelskraaps met 21-19 geklop om die eerste span te word wat die Kaapstadse Wêreldsewesreekstitel suksesvol verdedig. Suid-Afrika het 'n drie in die laaste minuut gedruk om die oorwinning te beklink en die naweek as die enigste onoorwonne manspan by die Kaapstad-stadion afgesluit. Fidji het Frankryk met…
Wydverspreide reën en donderbuie het die afgelope naweek voorgekom. Namibiërs moet maar weer hul sambrele byderhand hou vandeesweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van Meteorologiese Diens oor die reënvooruitsigte vir die nuwe week gepraat.
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het skerp gereageer op mediaberigte wat hy as misleidend beskryf na Namibië se voorstelle aan die COP20-beraad in Oesbekistan. Napha sê die konferensie het ongekende verwerping van wetenskapsgebaseerde, staatsgeleide volhoubare gebruiksvoorstelle ten gunste van die politieke pers gesien. Die president van Napha Hannes du Plessis,…
Die familieboerderynetwerk Saai het 'n vereniging gestig vir agentskappe wat Suid-Afrikaners help om werk op plase in Amerika te vind. Saai se raadsvoorsitter, Theo de Jager, sê die vereniging, H2A Agency Association, wil die integriteit van die beroep en die geleenthede wat jaarliks aan Suid-Afrikaners en plaaswerkers van elders in…
McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull…
Die handelministerie gaan in samewerking met die nywerheidsministerie die Khomas streeksake-betrokkenheid vandag in Windhoek aanbied. Die sessie gaan fokus op die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Uushona van die handelministerie gepraat wat meer inligting gee.
Die implementering van verhoogde minimumlone vir huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers is op hande. Die nasionale minimumloon is 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer. Vir boere om 'n wins te kan maak met die verhoogde…
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar…
Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in…
President Cyril Ramaphosa vra vir 'n spoedige ondersoek en sterker getuiebeskermingsmaatreëls na die moord op Marius van der Merwe, bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie. Die 41-jarige is Vrydagaand verskeie kere voor sy gesin buite hul huis in Brakpan in Ekurhuleni geskiet. Ramaphosa sê Van der Merwe het die…
Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat die regering vroeër vanjaar as teenvoeter vir werkloosheid van stapel gestuur het, het reeds sowat 700 werksgeleenthede geskep, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die sentrale komiteevergadering van Swapo se Jeugliga gesê. Meer as ‘n honderd projekte is tot dusver befonds. Nandi-Ndaitwah het nie doekies omgedraai…
Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM
1 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.