Die Voorbereidende Taakspan sê die geraamde begroting van 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nasionale Dialoog is 'n voorlopige syfer. Die koste van die geleentheid het kritiek ontlok oor of die land so 'n onderneming kon bekostig, gegewe die beperkings op die fiskus. Die eerste Nasionale Konvensie, wat tot die…
Amerikaanse president Donald Trump het by 'n Withuis nuuskonferensie sy gesprekke Vrydag met Russiese president Vladimir Putin in Alaska beskryf as om die waters te toets. Hy sê hy glo dat Putin wil hê die oorlog in Oekraïne moet klaarkry, en dat hy vir Putin sal sê om die gevegte…
Die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Makgoba, het 'n beroep op wêreldleiers gedoen om saam met geloofsorganisasies te werk om die lewens van veral die armes en die kwesbares te verbeter. Makgoba het by die G20 Intergeloof-forum in Kaapstad regerings aangemoedig om te belê in programme wat lewens verbeter en vrede bevorder…
Tydens die eerste Statebond se Jeug-ekosisteemdialoog in Windhoek, het jeugleiers 'n beroep gedoen op geestesgesondheidshervormings, inklusiewe onderwys, universele digitale toegang, jeuggedrewe klimaatbeleid, groen werkgeleenthede en groter belegging in opkomende sektore, en leiers aangespoor om op te tree, nie net beloftes te maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysminister…
President Donald Trump het twyfel uitgespreek of sy ontmoeting Vrydag met die Russiese president Vladimir Putin in Alaska 'n verskil sal maak in die bereiking van 'n vredesooreenkoms. Hy het die ontmoeting beskryf as 'n vergadering om die water te toets. Trump sê hoewel die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie…
Die DA sê Gauteng het 'n skokkende tien-jaar vertraging met toksikologieverslae vir onnatuurlike sterftes. Volgens die party, kan families wat wag vir antwoorde nie geregtigheid kry of hulle geliefdes begrawe nie. Die agterstand behels 140 000 sake landswyd as gevolg van forensiese laboratorium-mislukkings, ten spyte van 'n 703-miljoen Suid-Afrikaanse rand…
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, hou vol rassistiese twiets wat aanlyn rondgestuur word en omstredenheid veroorsaak, is deur kunsmatige intelligensie geskep en kom nie van hom nie. Dit volg op oproepe vir sy bedanking oor beweerde rassistiese opmerkings teenoor swart Suid-Afrikaners. Die minister hou vol hy…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die moord op ses joernaliste in Gaza veroordeel. Vyf Al Jazeera-joernaliste, insluitend sy korrespondent, Anas al-Sharif, is Sondag in 'n Israelse lugaanval dood. Nog twee is dood, insluitend 'n vryskutjoernalis. Israel se weermag het gesê hy het Sharif geteiken en beweer hy…
Wêreld Olifantdag word vandag gevier en Namibië staan uit met een van die hoogste olifantbevolkings in die streek. Dit is 'n reuse-aanwins nie net vir bewaring nie, maar ook vir die toerismebedryf wat tot die ekonomie bydra, maar dit is ‘n las vir boere wat die skade, somtyds, derduisende, self…
'n Uitspraak oor die grondwetlike uitdaging teen Namibië se daggaverbod word vandag verwag na die verhoor voor regters Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christia. Die leiers van Ganja-gebruikers van Namibië, Brian Jaftha en Borro Ndungula, wil hê dat die verbod op volwasse gebruik as ongrondwetlik geskrap word. Die staat…
So op Wêreld Olifantdag, sukkel boere naby Witvlei nadat olifante van die Okambara Elephant Lodge in die gebied uitgebreek het en rondgeloop het. Skade is aan hekke en heinings aangerig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abre Burger, 'n grondeienaar op Pommerin, wat sê een olifant het reeds van sy…
President Donald Trump het aangekondig hy ontplooi 800 Nasionale Wag-troepe na die Amerikaanse hoofstad, Washington DC, en plaas die stad se polisie onder federale beheer om wat hy 'n golf van wetteloosheid noem te bekamp. Hy het kritiek dat hy 'n krisis vervaardig om die uitbreiding van presidensiële gesag in…
Die Nasionale E-taxi-federasie vra die regering om dringend in te gryp om regulasies vir die sektor te bespoedig en bestuurders te bemagtig. Die federasie beraadslaag tans met die betrokke rolspelers om ʼn nasionale bemagtigingsraamwerk vir e-taxibestuurders saam te stel. Woordvoerder Omar Parker sê 91-persent van operateurs en bestuurders is nie…
NamWater het 40 miljoen Namibiese dollar vanaf die Tegniese Komitee van Kundiges-rekening bekom om fase twee van die Calueque permanente pompstasie te voltooi. Dit sal die voorsiening van water uit die Calueque-dam op die grens van Namibië en Angola, aan die sentraal-noordelike gebiede van Namibië verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het…
Gholf: Justin Rose van Engeland is terug in die top-tien van die wêreldranglys na sy oorwinning op die St Jude-kampioenskap in Tennessee. Die 45-jarige het die Amerikaner JJ Spaun op die derde uitspeelputjie verslaan om sy 12de PGA-toernooititel te wen. Rose het met hierdie oorwinning ook sy plek in nog…
Adjunkminister van onderwys en innovasie, Dino Ballotti, sê tersiêre onderwys in Namibië begin die onderrig en gebruik van kunsmatige intelligensie aanneem. Hy het gesê kunsmatige intelligensie kan help om ontwikkelingsuitdagings in onderwys en gesondheid aan te spreek indien dit met deursigtigheid en verantwoordbaarheid geïntegreer word. Hy het vanoggend by die…
Die Namibiese maatskappy wat deur die regering gesteun word, Dune 7 Special Purpose Vehicle, het Suid-Afrikaans ontwikkelde kerntegnologie gekies om 'n beplande olieraffinadery in Walvisbaai aan te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gepraat wat meen hierdie ontwikkeling is niks anders as ‘n gonswoord nie.
Kenners meen Namibië se ontwikkelingsplanne het in die algemeen 'n lae sukseskoers omdat ekonomiese groei-teikens, soos in die sesde plan, gemiddeld 6 persent was en nie bereik word nie. Werkloosheidsteikens faal ook en armoede-, behuisings- en sanitasieteikens is ook te hoog. Kenners meen dat uitdagings om ekonomiese groei te stimuleer…
11 Aug 2025 10AM
1 min
3240 – 3260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.