Die Stad Windhoek beplan om twee onontwikkelde openbare ruimtes in Olympia en Windhoek-Wes in nuwe parke te omskep, met die doel om meer groen ontspanningsareas vir inwoners te skep. Stadsraadslede Illse Keister en Clemencia Hanases, saam met voormalige raadslid Job Amupanda, het die inisiatief aangevoer. Keister het aan Kosmos 94.1…
Die DA het 'n sespuntplan bekendgestel om die sukkelende ekonomie te laat herleef, werk te skep en beleggings te lok. Party-leier John Steenhuisen het op 'n nuuskonferensie gesê dit teiken belangrike hindernisse tot groei, onder meer die herroeping van swart ekonomiese bemagtiging, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Onteieningswet…
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie…
Sokker: Liverpool se afrigter, Arne Slot, erken hulle moet aanpassings maak om ʼn balans tussen aanval en verdediging te bereik. Crystal Palace het die heersende Premierliga-kampioen gister met drie strafdoele teen twee verslaan om die Gemeenskapskild op Wembley te buit. Slot sê hulle kwesbare verdediging is iets waaraan hulle moet…
Die DA in die Nasionale Raad van Provinsies eis ʼn dringende oorsig oor die verouderde tegnologie-infrastruktuur wat polisiëring in KwaZulu-Natal lamlê. ʼn Party-woordvoerder, Mzamo Billy, sê baie landelike polisiekantore maak steeds staat op ou satellietstelsels, die radiokommunikasiestelsel is steeds analoog en die 10111-oproepsentrums gebruik uitgediende telefoonstelsels. Hy sê die skokkende…
Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad, Dorothy Shea, het Israel verdedig en sê dié land het die reg om te besluit wat die beste is vir sy veiligheid en sy burgers. Die veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou terwyl teenkanting toeneem oor Israel se plan om Gazastad…
'n Tien-jaar lange studie in suidelike Namibië deur Peter Cunningham het 'n gevaar onthul - veeheinings eis springbokke se lewens en verander oop landskappe in dodelike lokvalle. Bewaringsbewustes dring nou aan op dringende hervormings om heinings wildlewe-vriendelik te maak voordat meer diere verlore gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
Meatco se ondersoek na die verdwyning van 400 beeste is steeds aan die gang. Die beeste het vermis geraak uit die Linden Beef-voerkraal, waar hulle onder kontrak met Meatco aangehou is. Intussen is sy tussentydse uitvoerende hoof Patrick Liebenberg geskors na van die personeel se beskuldigings van begunstiging, rassisme en…
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou vra perde-eienaars om hul diere in te ent teen die dodelike Afrika-perdesiekte, veral ná 'n besondere nat somer. Slegs die lewende verswakte Afrika-perdesiekte-entstof van Onderstepoort is gemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher gepraat oor die plaaslike situasie.
Namibië se plaaslike owerheidsverkiesings vorm die lewering van noodsaaklike dienste, dryf gemeenskapsontwikkeling aan en bemagtig voetsoolvlakstemme wat die toekoms van dorpe en stede beïnvloed, wat hulle 'n hoeksteen van demokratiese deelname, ekonomiese vooruitgang, sosiale insluiting en verantwoordbare bestuur maak. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner dr. Marius Kudumo gesels oor…
RedForce Debt Management het met hofaksie gedreig teen minister James Sankwasa oor sy opdrag wat plaaslike owerhede verbied om hul kontrakte te hernu, en dit onwettig, irrasioneel en persoonlik gemotiveerd deur sy munisipale diensonderbreking in Katima Mulilo noem. Die firma ontken buitelandse eienaarskapseise en sê dat hul kontrakte voortspruit uit…
Die Forum for South Africa sê die regering gebruik die Nasionale Dialoog as ʼn strategie om die fokus te verskuif van gesagsfigure wat aanspreeklik gehou moet word. Die dialoog skop Vrydag en Saterdag af met ʼn tweedaagse nasionale konvensie by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria. Die forum se leier,…
Inwoners van Pommerin, ‘n hervestigingsplaas naby Witvlei het kommer met olifante wat deur die gebied beweeg. Daar word beaam dat hulle van Okambara Elephant Lodge in die gebied kom. Die diere het reeds skade aan hekke gebring. Kosmos 94.1 Nuus het met Wilfried Slaney van Profile Safaris op plaas Elisa…
Australië sal 'n Palestynse staat erken by volgende maand se Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Premier Anthony Albanese het vandag die aankondiging gemaak.
Die regering wil landbouproduktiwiteit en marktoegang vir gewasse verbeter deur middel van sy Landboumeganiserings- en Saadverbeteringsprojek. Hulle soek nuwe saadkwekers in die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Ohangwena-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Omaheke- en die Kavango Wes- en Oos-streke. Aansoeke moet teen Vrydag ingedien word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof…
Die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering, in vennootskap met die Pan African Collective for Evidence, het Suid-Afrika se eerste kunsmatige intelligensie-aangedrewe Lewende Bewyskaart bekendgestel om geslagsgeweld en vrouemoord te beveg. Andile Madonsela van die kollektief sê die platform voeg navorsing intyds by, wat beleidmakers en aktiviste help om suksesvolle…
ActionSA het 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, vir die gebruik van beledigende en vernederende verwysings teenoor swart Suid-Afrikaners uit die apartheidsera. Die party het ook 'n klag ingedien teen die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, vir rassistiese…
Die Palestynse gesant by die Verenigde Nasies, Riyad Mansour, sê Israel moet heeltemal onttrek uit Gaza. Die VN-veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou oor Israel se plan om beheer te neem oor Gazastad. Mansour beskuldig Israel dat hy die oorlog uitrek om ʼn onafhanklike Palestynse staat te keer en nie…
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy regering se plan om Gazastad oor te neem verdedig en gesê dit is die enigste manier om die oorlog vinnig te beëindig. Die plan het hewige kritiek ontlok van die families van die oorblywende 50 gyselaars in Gaza, van wie 20 vermoedelik…
Die DA sal vandag 'n stel dringende, praktiese hervormings bekendstel om Suid-Afrika se ekonomie te versterk, werk te skep en beleggings te lok. Die leier John Steenhuisen sê die land se hoë jeugwerkloosheid is gekoppel aan statiese groei wat veroorsaak word deur beperkende beleid. Hy belowe uitvoerbare programme om ekonomiese…
11 Aug 2025 1AM
1 min
3260 – 3280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.