Die regterlike kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel onder die voorsitterskap van afgetrede Regter Mbuyiseli Madlanga, begin vandag met sy werk in Pretoria. Die DA-lid, Lisa Schickerling, sê die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het bewerings geopper oor politici wat by die polisie inmeng…
Prokureur Kadhila Amoomo het kommer uitgespreek oor 'n moontlike privaatheidsbreuk deur die telekommunikasieverskaffer MTC. Hy beweer dat individue by telefoonoproepe gevoeg kan word sonder hul medewete of toestemming. Hierdie praktyk, sê hy, kom neer op ongemagtigde onderskepping en kan deur owerhede uitgebuit word om waarneming sonder 'n lasbrief uit te…
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3-persent verlangsaam, minder as die 3,5-persent in Julie. Die hoofdirekteur van prys-statistieke, Patrick Kelly, sê laer voedsel- en brandstofpryse het gehelp om die koers te verlaag. Jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het tot 5,2-persent gedaal en brandstof het…
Die Omgewingsbeleggingsfonds se ambisieuse voorstel om Namibië se eerste groennywerheidsone te vestig, het tot die finale keuringstadium gevorder vir 625 miljoen Namibiese dollar in internasionale klimaatbefondsing. Hierdie projek, wat onder die top 20 uit meer as 500 wêreldwye voorleggings geplaas is, kan Namibië aan die voorpunt van volhoubare nywerheidsontwikkeling plaas…
Die rand het dié week nuwe hoogtepunte teenoor die Amerikaanse dollar bereik, danksy toenemende verwagtinge van rentekoersverlaging in die VSA. Dit het beleggers laat stroom na ontluikende mark-effekte, wat die plaaslike geldeenheid verder versterk het. Die rand, en daarmee saam die Namibiese dollar, verhandel tans teen 17,38 teenoor die Amerikaanse…
Die departement van korrektiewe dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal 'n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun té veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof gesien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo,…
Die Tweede Konsultatiewe Konferensie van die Nasionale Raad en Streeksrade vind tans in Katima Mulilo plaas. Die konferensie, wat onder die tema "Op pad na Responsiewe Bestuur: Verduideliking van die Mandate van die Nasionale Raad en Streeksrade" gehou word, is daarop gemik om groter begrip en samewerking tussen beheerliggame te…
Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle stem saam met die minister van staatsdiens en administrasie, Mzamo Buthelezi, dat Suid-Afrika se staatsamptenare onderbetaal, oorwerk en gedemoraliseerd is. Die land het ongeveer 1,7 miljoen staatsamptenare. Claude Naicker van die vereniging sê die onlangse loonverhoging van 5,5 persent vir staatsamptenare, hoewel bo inflasie,…
Nedbank Namibia het 'n deurbraak-finansieringsooreenkoms aangegaan met Achill Island Investments, 'n sleutelspeler in die land se vrugte-uitvoerbedryf. Dit ondersteun die uitbreiding van Silverlands Vineyards in die Aussenkehr-vallei, die tuiste van meer as 900 hektaar premium druiwe en dadels. Met tot 4 000 seisoenale werkers en 'n sterk fokus op volhoubaarheid,…
Die 22-jarige Tyler Robinson is amptelik aangekla van die moord op die aktivis, Charlie Kirk. Hy staar sewe aanklagte in die gesig: moord met verswarende omstandighede, onwettige afvuur van ʼn vuurwapen, twee aanklagte van regsverydeling, twee van inmenging by getuies, en pleeg van ʼn geweldsmisdaad in kinders se teenwoordigheid. Kirk…
Namibië verskerp sy stryd teen klimaatsverandering met 'n hupstoot van 24 miljoen Namibiese dollar van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram. Die befondsing sal pogings ondersteun om emissies op te spoor, klimaatsveerkragtigheid te verhoog en verpligtinge onder die Paryse Ooreenkoms na te kom. Programspesialis by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, Uazamo…
Die DA is bekommerd oor Suid-Afrika se kinderhongersnoodkrisis en sê dit is 'n landwye tragedie. Slegs in 2024 is 766 kinders onder vyf jaar aan wanvoeding-verwante oorsake in openbare hospitale in die land dood. Sedert Mei vanjaar is 45 kinders net in die Oos-Kaap alleen weens wanvoeding dood. Bridget Masango…
Die PDM het 'n vlaag bedankings beleef, met ses lede wat in die laaste twee weke bedank het. Die jongste is Julia Nekwaya, die party se jeugliga-sekretaris-generaal. Onder die ander bedankings is die voormalige skaduminister van onderwys, Charmaine Tjirare. Die bedankings kom ná PDM se groot verlies in die 2024-verkiesing,…
Die langverwagte Madlanga-kommissie begin vandag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het die kommissie aangestel ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy maak bewerings oor samespanning en korrupsie in die strafregstelsel. Hy beweer die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bande met ʼn misdaadsindikaat. Mkhwanazi…
Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie oor die besette Palestynse gebied het bevind Israel se optrede in Gaza kom neer op volksmoord. In ʼn nuwe verslag word Israel onder meer beskuldig dat hy burgerlikes teiken wat hy volgens wet moet beskerm, en onmenslike toestande skep wat Palestyne se dood…
Goeie nuus vir drawwers: Registrasie vir die 11de Navachab-halfmarathon is tot middernag vandag verleng. Dié gewilde resies vind Saterdag op Karibib plaas. Resiesdirekteur Bethold Karumendu het meer:
Die regering word versoek om sterk en onmiddellike stappe te doen om die toenemende dwelmgebruik onder die land se jeug aan te pak. Die Rehoboth-gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender beklemtoon dat dwelmmisbruik 'n ernstige probleem binne die gemeenskap bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Draghoender opgemerk dat dwelmgebruik gereeld…
Die Namibiese been van die wêreldbekende King’s Baton Relay vind van 25 tot 27 September in Windhoek en aan die kus plaas. Dié aflos het in Maart by Buckingham-paleis in Londen begin en eindig volgende jaar by die opening van die Statebondspele in Skotland. Die uitvoerende hoof van die Namibiese…
Die regering oorweeg dit om bestaande beroepsopleidingsentrums in staatsbesit in tegniese kolleges te omskep, as deel van die land se Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Beroepsopleiding bly ‘n prioriteit vir die regering, maar die sektor moet aan die huidige en toekomstige kundigheidsbehoeftes voorsien, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Haar openingstoespraak tydens die nasionale…
Vervoerminister Veikko Nekundi sê ‘n nuwe, regverdige heffingstelsel gaan padverbruik deur vragmotors in die land reguleer. Dit volg ná die oorlaai van swaarvoertuie gedekriminaliseer is. Operateurs sal heffings betaal wat ooreenstem met die werklike skade aan paaie en sal volgens afstand be
17 Sep 12AM
1 min
2340 – 2360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.