Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2320 – 2340

Aanklaers in SA toenemend geteiken

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die wreedaardige moorde op aanklaers is 'n gruwelike aanval op die regstelsel en die oppergesag van die reg. Die minister sê vyf aanklaers is die afgelope vyf jaar in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap doodgeskiet. Kubayi sê hierdie aanvalle…
18 Sep 4AM 1 min

Uvhungu-Vhungu se uier bly kurkdroog

Vir meer as 16 jaar is die Uvhungu-Vhungu-melkplaas 'n dormante wit olifant wat nog nie 'n druppel melk geproduseer het nie, ten spyte van verskeie duur herlewingspogings. Dit was 'n hete onderwerp in die parlement, waar wetgewers antwoorde geëis het. Landbouminister Inge Zaamwani, wat vroeër vanjaar die amp opgeneem het,…
18 Sep 3AM 1 min

Gholf: SA se Van Niekerk, Mack gee pas aan by Sunbet Challenge

Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië…
18 Sep 2AM 1 min

Madlanga-kommissie: KZN-polisiekommissaris getuig teen polisieminister

Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, ten volle betrokke is by kriminele sindikate. President Cyril Ramaphosa het Mchunu in Julie op onmiddelike verlof geplaas oor bewerings dat hy met sindikate saamwerk en by hoë…
18 Sep 1AM 1 min

Fed verlaag rentekoerse in Amerika

Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg.
18 Sep 1AM 2 min

EU staan bankvas agter Namibië se groennywerheid

Die Europese Unie het Namibië opnuut verseker dat dit die land se groennywerheidagenda ondersteun en gesê een miljard euro is hiervoor opsy gesit. Die EU se kommissaris van internasionale vennootskappe, Jozef Sikela, vergesel van ander hoëlui uit dié magsblok, besoek Namibië tans. Hulle het Woensdag ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumbu…
18 Sep 1AM 1 min

Aktivis Ben Freeth saal weer SOAG-perd op

Die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth is terug op sy perd. Ná 'n simboliese perdryreis van 2 400 km na die SAOG-tribunaal in 2024, het Freeth hierdie week na Windhoek teruggekeer en die gebed wat hy aan die deur vasgespeld het, steeds onaangeraak gevind. Nou ry hy na Kaapkruis…
18 Sep 1AM 1 min

Agribank help graanboere in Zambezi

Agribank het ‘n nuwe akkerboupakket vir graanboere op Katima Mulilo van stapel gestuur, waarmee boere saad, kunsmis, toerusting en water-infrastruktuur kan bekom. Die pakket gaan na verwagting binnekort ook na Rundu uitgebrei word. Agribank se waarnemende bestuurder in Zambezi, Etuhole Ingo, het meer:
18 Sep 12AM 1 min

DA eis antwoorde oor 'roekelose besluite' oor sport, kultuur

In Suid-Afrika gaan die DA die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, in die parlement uitvra oor sy departement se mislukkings, soos wanbestuur en roekelose finansiële besluite. Die party sê kultuurfeeste en grondvlaksport het gely nadat 82 miljoen Suid-Afrikaanse rand van sportfederasies herlei is om video-assistent-skeidsregter-tegnologie in sokker…
17 Sep 11PM 1 min

Britse koningshuis rol rooi tapyt uit vir Trump

Internasional het Brittanje omtrent die rooi tapyt uitgerol vir Amerikaanse president Donald Trump op sy tweede staatsbesoek, met 'n koninklike banket wat Donderdagaand by Windsor-kasteel gehou is. Dit volg op 'n koetsrit saam met Koning Charles deur die Windsor-landgoed, nadat Trump en sy vrou, Melania, deur die prins en prinses…
17 Sep 11PM 1 min

IKT-sektor aan die verander, wys data

Namibië se IKT-sektor is aan die beweeg, met nuwe data van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, wat belangrike verskuiwings regoor die bedryf onthul. Die verslag beklemtoon die bestendige afname van tradisionele kommunikasiedienste. Terselfdertyd het kuberveiligheidsdreigemente meer as verdubbel, gedryf deur aanvalle wat op laekoste-Android-toestelle gemik is. Belegging in die sektor het skerp…
17 Sep 11AM 1 min

Paroolhersieningsberaad 'keerpunt vir strafregstelsel'

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal 'n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun te veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof sien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo,…
17 Sep 11AM 1 min

MTC belê in kreatiewe bedryf met Content Creators Awards

MTC se hoof bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo, het amptelik die nominasies vir die 2025 MTC Content Creators Awards onthul. Nou in sy tweede jaar, vier die toekennings nie net kreatiwiteit nie, maar is dit deel van 'n groter missie om 'n volhoubare kreatiewe ekonomie in die land te bou. Met meer…
17 Sep 10AM 1 min

Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC

Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die…
17 Sep 10AM 1 min

Nasan Energies wil 53 Engen- en Shell-vulstasies koop

In 'n stap wat daarop gemik is om Namibië se brandstofkleinhandelsektor te hervorm, het Nasan Energies Namibia 'n ooreenkoms aangekondig om 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy te verkry. Die transaksie volg op 'n opdrag van die Namibiese Mededingingskommissie, wat vereis het dat Vivo 'n deel van sy netwerk…
17 Sep 10AM 1 min

RFA skryf N$371 miljoen af in voertuiglisensie-skuld

Die Padfondsadministrasie, RFA, het aangekondig dat hulle meer as 371 miljoen Namibiese dollar in voertuiglisensie-skuld ouer as drie jaar afgeskryf het. Vir nuwer skuld kan eienaars aansoek doen om rente en boetes kwyt te skeld, terwyl die hoofskuld steeds verskuldig is. Kwytskelding tot 1 miljoen dollar word deur die administrasie…
17 Sep 8AM 1 min

ANC vernietig munisipaliteite en omgewing, sê VF Plus

Die Vryheidsfront Plus in Noordwes beskuldig die ANC dat sy disfunksionele munisipaliteite die omgewing vernietig. Michal Groenewald van die party sê in die Rustenburg- en Brits-omgewing word giftige chroomslyk-chemikalieë en mynafval wat swaar metale bevat, jare lank al in strome en vleilande gestort, maar niemand tree op teen die oortreders…
17 Sep 8AM 1 min

Besin oor volhoubare vervoer op Motorvrye Dag

Motorvrye Dag vind hierdie Vrydag plaas, en die Namibiese Burgerlugvaartowerheid moedig almal aan om die dag te huldig deur motorgebruik te verminder en te besin oor meer volhoubare vervoermiddele. As deel van sy breër verbintenis tot omgewingsverantwoordelikheid, sê die owerheid dat inisiatiewe soos Motorvrye Dag noodsaaklik is om bewustheid oor…
17 Sep 8AM 1 min
2320 – 2340