Die aktivis Sydney Gariseb het beweer dat grond in Okahandja toegeken is aan individue wat nie regmatige begunstigdes is nie, met sommige wat reeds water en elektrisiteit ontvang. Intussen het inwoners in informele nedersettings steeds 'n gebrek aan basiese dienste, insluitend elektrisiteit en lopende water. Gariseb waarsku dat as die…
Kaapstadse biblioteke het bekend gemaak hulle het in die Boetevrye Week gedurende die Julievakansie 10 712 items ter waarde van 1,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggekry. Dit sluit boeke, oudioboeke, tydskrifte, DVD's en CD's in. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê diegene wat die items teruggebring het, kan die…
Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as 'n staat sal erken. Macron sê in 'n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is…
Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Kavango Oos, Hamunyera Hambyuka, die sukses van die droëland-gewasproduksieprogram uitgelig en opgemerk dat baie boere by die inisiatief baat gevind het. Die program is daarop gemik om voedselproduksie te bevorder. Hambyuka het die syfers.
Die internasionale polisie-organisasie Interpol se buro in Pretoria het 'n 57-jarige Chinese voortvlugtige in hegtenis geneem wat betrek word by 'n bedrogsaak in sy vaderland. Dit volg nadat 'n rooi waarskuwing aan alle lidlande uitgereik is om die persoon op te spoor. Polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê hulle sal voortgaan…
Die Jeffrey Epstein lêers-skandaal wat Amerikaanse president Donald Trump en sy administrasie betrek eskaleer steeds. Adjunk-prokureur-generaal Todd Blanche het met Epstein se voormalige meisie en medepligtige Ghislaine Maxwell in Tallahassee in Florida ontmoet, het SkyNews se Amerikaanse vennoot NBC News berig. Maxwell dien tans 'n 20-jaar vonnis vir sekshandel en…
Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a’an ku sê-stigting, en San-senior #Oma /Kunta het Namibië verteenwoordig by die Harmony-beraad oor Inheemse Kennis en Bewaring by Koning Charles se Highgrove House in die Verenigde Koninkryk. Die beraad het Inheemse leiers en bewaringsbewustes van regoor die wêreld bymekaargebring om tradisionele kennis in…
Namibië het produksiesones waar rys verbou kan word, maar belegging is dringend nodig om dit op die been te bring, volgens die Namibiese Akkerbouraad. Die raad het kommer oor die land se afhanklikheid van ingevoerde rys, met vraag wat aanhou groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die…
Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die totale toelaatbare sardyn-vangs van 10 000 metrieke ton vir die res van die 2025 visvang-seisoen tersyde gestel word vir regeringsdoelstellings. Die kabinet het ook 'n drie-jaar moratorium op sardyn-vangste goedgekeur om die biomassa kans te gee om te herstel. Inligtingminister Emma Theofelus het…
Huldeblyke stroom in vir die WWE-legende Hulk Hogan, wat in die ouderdom van 71 dood is. Nooddienste het 'n oproep van sy huis in Clearwater, Florida om 10-uur Donderdagoggend ontvang oor 'n hartstilstand-geval, en hy is later in die hospitaal dood verklaar. Hogan, oftewel Terry Bollea, was die grootste professionele…
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na 'n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar 'n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van 'n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië…
Navorsers van die Universiteit van Wes-Kaapland het bevind metamfetamien, in Suid-Afrika algemeen bekend as tik, ernstige skade in manlike vrugbaarheid kan veroorsaak, selfs by kortstondige gebruik. Professor David Fisher het die grensverskuiwende studie gelei. Een van die navorsers in die studie, doktor Chontrelle Willemse, sê hulle het bevind die skadelike…
Rugby: Drie sleutelspelers, Will Skelton, Rob Valetini en Dave Porecki, is terug in die Wallabies se span vir Saterdag se tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Australië hoop om hom self reg te ruk na verlede week se nederlaag van 24-19. Skelton vervang Jeremy Williams wat…
Die Swapo-jeugliga herbevestig sy steun vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah na die eerste maande van haar administrasie en die bekendstelling van NDP6. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, die sekretaris van die jeugliga.
Namibië se effektemark betree die tweede helfte van 2025 op 'n deurslaggewende stadium in sy monetêre en strukturele reis, sê Simonis Storm in 'n verslag. 'n Finale rentekoersverlaging word later vanjaar verwag, wat ooreenstem met soortgelyke bewegings in Suid-Afrika voor 'n lang tydperk van stabiliteit. Dit dui op 'n verskuiwing…
Reaksie word ontvang op die regering wat as deel van NDP6 950 informele ondernemings teen 2030 wil formaliseer. Die inisiatief is veral op die klein-en mediumsake-sektor gemik om veerkragtige ekonomiese groei te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat, wat positief hieroor is, mits sekere…
Digitalisering in Afrika se finansiële en versekeringsektore het die risiko van gesofistikeerde bedrog verhoog. In Namibië is swak digitale stelsels 'n verdere risiko, terwyl intydse bedrogopsporing beperk bly. Die bekamping van bedrog verg meer as tegnologie, dit vereis opvoeding, bewustheid en kollektiewe verantwoordelikheid. Ujandja Zatjirua, Old Mutual se forensiese dienstebestuurder…
Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, het sewe veranderings aangebring aan die span wat Australië Saterdag pak in die tweede toets in Melbourne. Bundee Aki, Ollie Chessum en Andrew Porter is in die beginspan en vervang Sione Tuipulotu en Joe McCarthy, wat beseer is, en Ellis…
Die Redakteursforum van Namibië het dr. Sadrag Shihomeka as die nuwe Media-ombudsman aangestel. Die forum het ook agt paneellede vir die Mediaklagtekomitee benoem. Kosmos 94.1 Nuus het met Selma Ikela, sekretaris-generaal van die forum gepraat.
24 Jul 2025 8AM
1 min
3660 – 3680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.