O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

Loading player...
O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die komende maande oor sy filiale uitrol. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van OL, Sven Thieme gepraat.
21 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor vertraging in vrystelling van SA se waterplan

AfriForum sê die vertraging met die vrystelling van die nasionale wateraksieplan toon die regering se traagheid om op te tree terwyl die waterkrisis voortduur. Die organisasie beweer die plan is volgens berigte gefinaliseer en is selfs in die Parlement voorgelê, maar steeds nie bekend gemaak nie. Marais de Vaal van…
12 Jun 3AM 1 min

Bokkamp het baie beserings maar dis nie die einde van die wêreld nie

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê ten spyte van 'n aansienlike beseringslys en die hele Bulle-span wat nie beskikbaar is nie, het hulle meer as genoeg spelers om van te kies vir die 2026-seisoen. Die Bokke begin aftel na die begin van 'n uitputtende reeks van 14 wedstryde wat strek van…
12 Jun 3AM 1 min

Groenwaterstof draai sy visier op sentrale gemeenskappe

Namibië is besig om sy Sektorale Transformasie-beleggingsplan voor te berei onder die Klimaatbeleggingsfonds se Nywerheidsdekarboniseringsprogram, wat daarop gemik is om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessie-klimaatfinansiering te ontsluit. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese Groenwaterstofprogram, het aan Kosmos 94.1 gesê dat deel van die voorbereiding gemeenskappe behels waarin groen…
12 Jun 2AM 1 min

SA oortref WGO se TB-mylpaal voortydig

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het vordering getoon in die stryd teen tuberkulose deur stelsels te versterk en innovasie en tegnologie toe te pas. Hy het die slotopmerkings gelewer by die Negende Suid-Afrikaanse TB-konferensie in Boksburg, Gauteng, in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad. Mashatile sê die…
12 Jun 2AM 1 min

Owerhede keer 9 Bangladesjies voor by OR Tambo

Die Grensbestuursowerheid sê nege Bangladesjiese burgers is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng onderskep nadat hulle probeer het om Suid-Afrika met die gebruik van vervalste reisdokumente binne te kom. Die groep is gister tydens immigrasieverwerking met vals Suid-Afrikaanse visums en Indiese paspoorte gevind en is sedertdien teruggstuur na Bangladesj…
12 Jun 1AM 1 min