
Ondersteuning vir kleinsake moet by informele sektor begin
Loading player...
Kenners meen Namibië se gemengde uitkoms op die StartupBlink Global Startup Ecosystem-indeks bevestig die realiteit wat klein besighede in die land ervaar. Ons het op die internasionale en Afrika indekse geval en ons posisie in die SAOG-streek behou. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME's Compete gepraat wat sê dat die geld wat bestee is om entrepreneurs te help dalk nie genoeg is nie. Hy sê die informele sektor kort aandag.

