Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Pieter Möller berig oor die belangrike rol wat die wild-en jagbedryf speel in die landbousektor, na aanleiding van 'n groot byeenkoms wat onlangs in die Oos-Kaap gehou is.
Pieter Möller het tydens Nampo gesels met die voormalige Springbokrugbyspeler en wenner van twee Wêreldbekers, Os du Randt. Hy vertel van sy betrokkenheid by die landbousektor.
Pieter Möller het tydens Nampo gesels met die Uitvoerende hoof van Graan SA, Dr Tobias Doyer en hy gee sy mening oor die rol van nuwe tegnologie in die sektor en sy indrukke vandat hy die leisels onlangs oorgeneem het by Graan SA.
Op Nampo, het Pieter Möller gesels met die Uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, en hy vertel van die landbou omstandighede en uitdagings in dié provinsie.
Pieter Möller gesels met 'n bekende Angus-beesteler, RC Malherbe van Hertzogville. Hy vertel van die goeie eienskappe van die ras en ook hoe landboutoestande huidig in die Wes-Vrystaat lyk.
Op die vooraand van Moedersdag, het Pieter Möller met 'n bekende boervrou van Prieska gesels en sy vertel van die rol van boervroue in die landbousektor en hul geestelike pitkos.
Pieter Möller het met die Hoofbestuurder van die Rooivleis Produsente-organisasie, Dr Frikkie Maré, gesels oor naspeurbaarheid en die belangrikheid daarvan vir die vooruitgang van die veebedryf.
The Angus Breeders Association held their national championships at Bloem Show and Pieter Möller spoke to one of the winners, Andrew Masterson from the Eastern Cape.
Pieter Möller het die groot Skaap Boeredag op Prieska bygewoon en gesels met een van die organiseerders, Jan-Phillip Botha.
6 May 2024 1AM
3 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.