100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1000 – 1020

Nkomazi-reeksverkragter sit lank

‘n Reeksverkragter is vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela drie lewenslange vonnise opgelê. Thokozani Mazibuko het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag. Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala sê…
1 Sep 2022 8AM 1 min

Nuwe radios vir Witrivier buurtwag

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s in gebruik geneem wat die loods van veiligheidsoperasies in die dorp sal vergemaklik. Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer…
31 Aug 2022 8AM 1 min

Wenk lei tot arrestasie van vier met onwettige wapens

Vier verdagtes is gister op die R40 in Dwarsloop buite Bosbokrand aangekeer nadat die polisie op 'n wenk reageer het dat hulle onwettige vuurwapens in hul besit het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala is twee handwapens sonder reeksnommers sowel as 33 rondes ammunisie in hul besit gevind. Polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng…
31 Aug 2022 5AM 1 min

DA vra Groen Skerpioene om rioolwerke te ondersoek

Die DA het die Groen Skerpioene gevra om ondersoek in te stel na waterkwaliteit na die jongste groendruppel verslae bekend gemaak is. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon dit dat geen plaaslike owerheid in Mpumalanga riool na wense beheer nie.
30 Aug 2022 8AM 1 min

N4 tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane gesluit weens ‘n botsing tussen twee vr

Die N4-tolroete tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane is tans gesluit weens ‘n botsing reg van voor tussen twee vragmotors wat steenkool vervoer het. Volgens Emer-G-Med het een van die vragmotors aan die brand geslaan. Die manlike bestuurder is op die toneel dood verklaar. Die ander bestuurder is lig beseer. In…
29 Aug 2022 9AM 1 min

Tronkbewaarder met dagga gevang

‘n Tronkbewaarder sal binnekort in die hof verskyn in Belfast, op klagte van die onwettige besit van dagga. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die 43-jarige vrou Vrydag by die werk aangekeer. Sy het glo haar handsak weggesteek toe 'n deursoek van beamptes tydens die oggendparade aangekondig is. Daar was…
29 Aug 2022 2AM 1 min

Laeveld JOC gereed vir landwye staking

Die gesamentlike operasionele bevel van Laeveld sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers is op ‘n hoë vlak van gereedheid vir die beplande landwye staking môre. Die vakbonde Cosatu en Saftu het dit uitgeroep uit protes teen stygende lewenskoste. John Meintjes sê dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur…
23 Aug 2022 9AM 1 min

Die Laeveldse gesamentlike operasionele bevel is op hoë gereedheid vir die bepla

Die Laeveld gesamentlike operasionele bevel is op hoë gereedheid vir die beplande landswye staking môre. Frank Swanepoel, besturende direkteur van Hi-Tech Sekuriteit, dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur geraak sal word, maar dat die gesamentlike operasionele bevel die situasie monitor.
23 Aug 2022 2AM 1 min

Nelspruit Rhinos Saterdag in tuis halfeindronde teen Kemptonpark

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Nelspruit speel Saterdag tuis hul halfeindronde vir die plaat in afdeling een van die Noordvaal-liga. Hennie Skorbinski, direkteur van rugby, sê die Rhinos se eerste-, tweede- en derdespanne is sover die seisoen onoorwonne. Die onder 15's speel hul halfeindronde weg teen Middelburg en die onder…
17 Aug 2022 6AM 1 min

Skoolseun in vermeende bendevoorval doodgesteek in Ermelo

'n Voorval waartydens 'n graad 10-leerling aan Cebisa Sekondêr in Ermelo gister doodgesteek is, is deur die Mpumalanga onderwysdepartement veroordeel. Woordvoerder Gerald Sambo sê die seun is tydens pouse by die skool deur 'n lid van 'n opponerende bende gesteek. Hy het by die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die…
17 Aug 2022 4AM 1 min

Vyfde verdagte aangekla in verband met moord op Hillary Gardee

'n Vyfde verdagte is aangekla in verband met die moord op Hillary Gardee in Mbombela. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die man, wat vandag in die hof verskyn, word aangekla van dwarsboming van die gereg. Hy is met haar selfoon en skootrekenaar aan Gardee verbind. Die vierde verdagte, Rassie Nkuna,…
17 Aug 2022 2AM 1 min

Mpumalanga onderwysdepartement beloof aksie na leerlinge glo studietoestelle mis

Die Mpumalanga onderwysdepartement sê hulle sal maatreëls verskerp om die gebruik van tablette wat aan matrikulante uitgedeel is as studietoestelle te monitor. Dit volg op berigte dat die ouers van graad 12 leerlinge aan Masana Sekondëre Skool hul kinders betrap het dat dit hulle tablette gebruik om toegang te verkry…
16 Aug 2022 7AM 1 min

Hillary Gardee se vermeende moordenaar verskyn in die hof vir ‘n ander moord

Die vierde man wat aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee het vandag in die Delmas-landdroshof verskyn op klagte dat hy verlede Saterdag sy vriendin in Sundra ontvoer, beroof en vermoor het. Hlabirwa Rassie Nkune word ook aangekla van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en die…
15 Aug 2022 8AM 1 min

DA vra OB om MEGA-tenders te ondersoek

Die DA in Mpumalanga het die Openbare Beskermer gevra om beweerde tenderonreëlmatighede te ondersoek in die Mpumalanga agentskap vir Ekonomiese Groei - ook bekand as Mega. Bosman Grobler sê 'n kartel is betrokke by die toekennings van die kontrak waarvolgens Mega oor die volgende 10 jaar sowat 185-miljoen-Rand sal spandeer…
12 Aug 2022 8AM 1 min

Transitorower kry nog 25 jaar

‘n Transitorower wat reeds ‘n lewenslange vonnis uitdien, is die week ‘n addisionele 25 jaar gevangenisstraf opgelê. David Thabo Dube was agter tralies vir ‘n transitoroof wat in Oktober 2017 in Klerksdorp uitgevoer is, toe die Valke hom deur sy vingerafdrukke gekoppel het aan ‘n roof op ‘n geldwa in…
12 Aug 2022 3AM 1 min

N4-ongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood in ‘n ongeluk op die N4 naby Ngodwana vanoggend toe ‘n Volkswagen Polo teen die kant van ‘n konstruksie-vragmotor gebots en omgeslaan het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is al vyf insittendes op slag dood. ‘n Kind en twee vroue tel onder die oorledenes…
11 Aug 2022 8AM 1 min

Vermeende moordenaar van polisiebeampte doen more aansoek vir borg

Die Valke het die ondersoek na die moord op ‘n polisiebeampte in Pienaar oorgeneem. Die 45-jarige Sersant Mandlenkosi Happy Thwala was by Kabokweni gestasioneer. Hy is die aand van 2 Augustus verskeie kere in sy huis geskiet. Die 29-jarige Zanele Mkhonto het gister weer in die KaNyamazane-landdroshof verskyn op die…
11 Aug 2022 5AM 1 min

Krugerwildtuin maak vordering in oorlog teen stroping

Die hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, Cathy Dreyer, sê hulle het weens die Covid-19-pandemie en inperkings die afgelope twee jaar sowat 70% van hul operasionele begroting verloor. “Ons moet ons eie fondse genereer, maar ons is bewaarders, nie bemarkers nie,” sê sy. Hulle befonds hul program om rensoters in die NKW…
10 Aug 2022 7AM 1 min

Premier vier Vrouedag môre in Balfour

Mpumalanga vier môre Vrouedag in Balfour. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sal die hoofrede lewer oor die provinsiale regering se ekonomiese herleweingsinisiatiewe en maatreëls teen die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld in Mpumalanga. Vanjaar is die Vrouedagtema die sosio-ekonomiese regte en bemagtiging van vroue vir verbeterde veerkragtigheid. Die premier se woordvoerder, Sibongile…
8 Aug 2022 6AM 1 min

VF Plus veroordeel onwettige munisipale staking in Mbombela

Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks. Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion in…
5 Aug 2022 8AM 1 min
1000 – 1020