100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1060 – 1080

Man kry twee keer lewenslank vir Mjejane-verkragting en moord

Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Jy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is die volgende dag in Tonga-hospitaal aan haar beserings dood. Janse van…
22 Jun 2022 6AM 1 min

DA maak alarm oor minder koshulp vir Mpumalanga se behoeftiges

Die DA in Mpumalanga het 'n skrywe gerig aan die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, om te vra dat haar departement ophou om aan al hoe minder inwoners van die provinsie voedselhulp voorsien. Jane Sithole soveel mense is werkloos, en met stygende pryse, het meer mense eerder hulp nodig…
21 Jun 2022 6AM 1 min

DA vra vir vaardigheids-oudit

Die DA se Jane Sithole het vanoggend 'n beroep gedoen op 'n vaardigheids-oudit in plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga. Sy het gepraat tydens die sitting in die wetgewer waartydens die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, haar begroting vir die huidige finansiële jaar ter tafel gelê het.
14 Jun 2022 9AM 1 min

Drie jaar tot breë breëband-internet toegang

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting aan die wetgewer voorgelê. "SA Connect" teiken toegang tot breëband-internet vir 80% van alle gemeenskappe binne die volgende drie jaar.
14 Jun 2022 9AM 1 min

Nog R60m geoormerk vir Jeug Ontwikkelingsfonds

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting vir die huidige boekjaar aan die wetgewer in Mbombela voorgelê vir goedkeuring. Die Jeug Ontwikkelingsfonds is reeds op die been gebring om werkloosheid onder die jeug in die provinsie teen te werk, deur geld te bewillig vir hul ondernemings. 'n…
14 Jun 2022 9AM 1 min

Binnelandse-sake amptenaar deur Valke gesoek oor paspoorte

Die Valke in Mpumalanga is op soek na Kagiso Ronny Maboa (38), ‘n amptenaar van Binnelandse sake in Mpumalanga. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hy na bewering vir ‘n man van Pakistan gewerk om aan buitelanders Suid-Afrikaanse paspoorte uit te reik. Hy word verdink van bedrog, korrupsie en oortreding van…
14 Jun 2022 6AM 1 min

Onthou jou bydrae hierdie Internasionale Bloedskenkersdag

Vandag is Internasionale Bloedskenkersdag om bloedskenkers te vier en voornemende en huidige skenkers te nooi om bloed te skenk – en sodoende tallose lewens te help red. Om te begin, moet jy ten minste 50 kg weeg en 16 jaar oud wees. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse…
14 Jun 2022 5AM 1 min

Bepalende Curriebeker-aksie vandag 

Drie spanne spook dit vandag uit vir die laaste twee plekke in die top vier van die Curriebeker punteleer. Die Bulle en Cheetahs sal Saterdag bepaal wie eindig in eerste en tweede plek. 'n Wen vanaand op Mbombela-stadion sal genoeg wees vir die Griekwas om derde te eindig op die…
10 Jun 2022 6AM 1 min

Vermeende reeksmoordenaar verskyn in Piet Retief

‘n 21-jarige man wat aan verskeie gevalle van moor den verkragting gekoppel word, verskyn na verwagting vandag in die hof in Piet Retief. Nhlanhla Shabangu sal vir borgtog aansoek doen. Hy is vroeg verlede maand in Dirkiesdorp aangekeer, na ‘n vrou se liggaam in die area gevind is. Volgens die…
9 Jun 2022 6AM 1 min

Pumas vs. Griekwas: Hier is die wedstrydplan

Die Pienktruie moet Vrydag teen die Griekwas wen om deur te dring na die Curriebeker halfeindronde. Hulpafrigter, Riaan Lamely, verklap hoe hulle beplan om die besoekers die loef af te steek.
8 Jun 2022 6AM 1 min

Koop jou Pumas-kaartjies vroegtydig

Die Pumas benodig vyf punte in hul Curriebeker-wedstryd Vrydag teen die Griekwas om hulself van ‘n plek in die halfeindronde te verseker. Plaaslike ondersteuners daag mekaar daarom uit om die hele week Pumas klere by die werk te dra en onderling mekaar uit te daag om die wedstryd te ondersteun…
8 Jun 2022 6AM 1 min

Mpumalanga man aangekeer na dubbele moord

‘n 32-jarige man is gister in Balfour aangekeer na ‘n 24-jarige vrou en haar twee-jarige dogter dood aangetref is in hul huis Maandag in Siyathemba informele nedersetting, Balfour. Brigadier Selvy Mohlala sê daar is intussen bepaal die vrou is verwurg. Haar vyf-maande oue baba is deur sy pa van die…
8 Jun 2022 5AM 1 min

Griekwas die laaste hekkie voor 'n historiese halfeindronde vir die Pumas

Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion. Hulle het Vrydag ‘n naelskraapse 29-28 oorwinnig oor die Cheetahs behaal wat hulle steeds ‘n kans bied om die halfeindronde te haal. Die Griekwas het die Westelike Provinsie ook net-net met 43-41 in Stellenbosch geklop…
6 Jun 2022 5AM 1 min

DA bekommerd oor werksverliese in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die 51-duisend werksverliese wat in die provinsie aangeteken is in die eerste kwartaal van die finansiële jaar. Die meeste werksgeleenthede het verlore gegaan in die finansiële sektor, handel en landbou. Bosman Grobler sê terwyl daar elders in die land werk geskep is in…
2 Jun 2022 7AM 1 min

Vinniger bane by Nkomazi-tolhek ge-open

TRAC het spesiale nuwe bane by die Nkomazi-tolhek aangebring wat motoriste toelaat om vinniger met hul elektroniese skyfies deur die tolplaza te beweeg. Volgens TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares, kan motoriste 'n maksimum van 40-kilometer per uur ry om hul skyfies te aktiveer en hul tolgeld sodoende te betaal. Dit…
1 Jun 2022 7AM 1 min

Adjunk-direkteur in rampbestuur vas oor bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Die adjunk-direkteur van Rampbestuur in die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering is Maandag aangekeer vir borgtog en oortreding van die Wet op openbare finansiële bestuur. Raymond Manzini word beskuldig dat hy onregmatig ‘n kontrak vir Beskermende Kleredrag toegestaan het aan Zalabantu Estate Trust, die maatskappy van sy vriend, Moses Ndlovu…
31 May 2022 6AM 1 min

Beraad bekyk groener energie vir Mpumalanga

Die provinsiale regering het vandag sy tweedaagse Energie Beraad in Emalahleni afgeskop. Dit het ten doel om Mpumalanga te posisioneer as ‘n fokus vir groen ekonomiese aktiwiteite. Dit soek ook maniere om individue se werksgeleenthede en gemeenskappe se ekonomië te beskerm terwyl daar wegbeweeg word van steenkool. Die steenkool bedryf…
24 May 2022 9AM 1 min

Tradisionele geneser aangekla van moord op sesjarige

‘n Tradisionele geneser en sy seun het vandag in die Kabokweni-hof verskyn in verband met die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane. Haar lyk is Saterdag ontdek, drie weke na sy op 30 April verdwyn het. Samuel Tsela en Philasande Tsela is aangekla van ontvoering, verkragting en moord. Volgens Brigadier…
24 May 2022 7AM 1 min

Vermeende moordenaars van sesjarige bly in aanhouding

Drie mense het vandag in die Kabokweni-hof verskyn vir die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane buite Witrivier. ‘n Buurvrou van die slagoffer (Ntombi Mgwenya), haar moord-veroordeelde kêrel (Collen Hlongwane) en die 25-jarige Thapelo Ngomane word aangekla van ontvoering, mensehandel, verkragting en moord. Hulle wou nie vir borg aansoek doen…
23 May 2022 8AM 1 min
1060 – 1080