100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1040 – 1060

Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad

Hi-Tech Witrivier is aangestel om met twee voertuie en gewapende wagte vandaf vandag voltydse patrollies op die gedugte Numbi-pad te ry. Verskeie aanvalle is die afgelope ruk aangemeld op hierdie pad, veral op besoekers aan die Krugerwildtuin wat dié hek gebruik. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê dit word vir…
15 Jul 2022 4AM 1 min

Mbombela-stadion slaggereed vir vol stadion op 6 Augustus

Mbombela-stadion is hard aan die voorbereidings tref vir die All Black-toets op 6 Augustus teen die Springbokke. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê 12 parkeer- en rypunte is in plek, sowel as vermaak by die stadion, en planne om enige beurtkrag tydens die wedstryd die hoof te bied. Besoek die Radio Laeveld-toepassing…
13 Jul 2022 4AM 1 min

Vermeende ontvoerders nou ook aangekla van moord in Mkhuhlu

‘n Moordklagte is gevoeg teen vier verdagtes wat Donderdag in die hof in Mkhuhlu naby Bosbokrand aangekla is van ontvoering. Die 24-jarige Skhumbuzo Intelligent Sikhumbane is op 2 Julie deur sy familie in Calcutta as vermis aangegee. Hy is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n laptop gesteel het. Volgens polisiewoordvoerder,…
13 Jul 2022 2AM 1 min

Twee aangekeer wat glo mediese student in Elukwatini vermoor

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op ‘n 26-jarige mediese student in Elukwatini. Wiseman Zwane was besig met sy opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy liggaam is verlede Woensdag met steekwonde in ‘n rivier in Nhlazatshe ontdek. ‘n 18-jarige het gister in verband met die…
12 Jul 2022 6AM 1 min

Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

‘n Eenjarige dogtertjie is Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet. Volgens die polisie het sy in haar erf, wat langs die begrafplaas is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is. Sy is in die hospitaal behandel. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord…
11 Jul 2022 5AM 1 min

Laeveld protesaksie: Dag 2 - KLCBT maak voorbrand vir weermagontplooiing

Met die afgelope twee dae se proteste het die Kruger-Laeveld-sakekamer bontgestaan om toeriste by te staan wie se reisplanne omvêr gewerp is. Agter die skerms fasiliteer hulle ook die ontplooiing van wetstoepassers van nabygeleë dorpe na areas wat in die Laeveld geraak word, en maak voorbrand vir die weemag om…
7 Jul 2022 8AM 1 min

Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes. Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers. Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns en dogters onder-17-spanne het goue medaljes verower en die…
7 Jul 2022 6AM 1 min

Mpumalangaspan neem deel aan Winterspele in Stellenbosch

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê hy het die volste vertroue in die span van die provinsie wat hierdie week deelneem aan die Nasionale Winterspele by die Universiteit van Stellenbosch. Die span bestaan uit skaak-, netbal en vlugbalspelers. Woordvoerder, Gerald Sambo:
4 Jul 2022 9AM 1 min

Twee tweelinge sterf in brand in Hendrina

Twee tweeling boeties en sussies is in die vroeë oggendure dood toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het. Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul…
4 Jul 2022 5AM 1 min

Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof

Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof in Bosbokrand. Hulle is Vrydag in die Krugerwildtuin vasgetrek toe ‘n besoeker aan die park geweerskote gerapporteer het. ‘n Helikopter is ontplooi en die drie mans is in besit van drie renosterhorings sowel as ‘n jaggeweer met ‘n knaldemper gevind. Die karkasse…
4 Jul 2022 1AM 1 min

Jong Pumas presteer by Craven week

Die onder-13 Puma-spanne het die afgelope week uitstekend presteer by die Craven week wat by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied is. Spanbestuurder, Alex Jonker, sê die A-span se oorwinning oor die Griekwas gister was hul derde wen in 'n ry by die week, die eerste keer dat die Mpumalanga-span dit…
1 Jul 2022 6AM 1 min

Nuwe boek onthul die oorlog teen stropery in die Krugerwildtuin

'n Nuut gepubliseerde boek, "Rhino Wars" vertel die aangrypende verhaal van SANParke se oorlog teen renosterstropery in die Krugerwildtuin uit die oogpunt van generaal Johan Jooste, wat die poging van stapel gestuur het. Skrywer Tony Park sê hoewel dit lees soos 'n riller, is alles waar.
29 Jun 2022 6AM 1 min

685 Mpumalanga-koorlede neem deel aan Skoolkoor-Eisteddfod

Die Onderwysdepartement in Mpumalanga sal tot Vrydag deur 685 koorlede verteenwoordig word op die ABC Motsepe Suid-Afrikaanse Skoolkoor-Eisteddfod. Die Departement van Basiese Onderwys bied dit by die Rhema Bybelkerk in Randburg aan. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hierdie geleentheid is sedert 2016 die belangrikste kulturele gebeurtenis op…
28 Jun 2022 8AM 1 min

Mbombela-stadion amper uitverkoop voor All Black-toets

Mbombela-stadion verwag om binne die volgende twee weke alle kaartjies na die Springboktoets teen die All Blacks uit te verkoop. Die wedstryd is op 6 Augustus. Stadion-bestuurder, Roelf Kotze, sê hy verwag ‘n vol stadion. Slegs van die R1 000 kategorie-kaartjies is nog beskikbaar. Hy raai plaaslike inwoners aan om…
28 Jun 2022 6AM 1 min

Pelgrimsrus aangewys as die Dorp van die Jaar-finalis vir Mpumalanga

Pelgrimsrus is aangewys as die Mpumalanga-finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Leona Oosthuizen sê dit beteken baie vir hierdie toeristedorp, die enigste lewende museum in die land. Boonop word die dorp volgende jaar 150 jaar oud, en word die Internasionale Goudpan-kampioenskappe hier aangebied. Sodra die finalis is elke…
27 Jun 2022 7AM 1 min

Winterklasse skop af vir matrikulante in Mpumalanga

Winterklasse skop vandag af vir sowat 25-duisend graad 12-leerlinge in Mpumalanga. Die onderwysdepartement bied die klasse in 135 sentrums aan vir leerlinge aan skole wat ‘n matriekslaagsyfer van minder as 70-persent behaal het in 2021. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, is onderwysers met uitstekende rekords gekies om…
27 Jun 2022 6AM 1 min

Pumas wyd geloof vir Curriebeker-sege

Intussen stroom gelukwensings in vir die span. Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf dit as ‘n oorwinning vir inwoners van die provinsie en rugby. Volgens die VF Plus dien dit as ‘n bewys dat die krag van sport nooit onderskat kan word nie.
27 Jun 2022 5AM 1 min

Opgehoopte rekeninge in Mpumalanga stem die DA tot kommer

Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat provinsiale regeringsdepartemente meer as 800-miljoen-Rand in opgehoopte rekeninge van die vorige boekjaar oorgedra het. Volgens Bosman Grobler sal dit hul vermoë belemmer om in die huidige boekjaar, wat in April afgeskop het, dienste te lewer. Die departemente van onderwys en gesondheid skuld die…
24 Jun 2022 6AM 1 min

Airlink Pumas hoop om die Curriebeker huis toe te bring

Die Pumas-span is vanoggend luidrugtig deur ondersteuners afgesien by Mbombela-stadion onderweg na Kimberley waar hulle môre teen die Griekwas speel in hul eerste Curriebeker-einstryd ooit. Afrigter, MJ Mentz, sê hoop om die beker huis toe te bring.
24 Jun 2022 6AM 1 min
1040 – 1060