100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1240 – 1260

Mpumalanga-dorpe slaag bloudruppeltoets

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte…
8 Dec 2021 5AM 1 min

Rower wat ondernemings met plofstof teiken, vandag weer in die hof

‘n 27-jarige man wat glo betrokke was by verskeie sakerowe en inbrake regoor die provinsie, verskyn weer vandag in die Nkomazi-landdroshof. Hy is Maandag in Tonga aangekeer. Volgens die polisie word hy gekoppel aan verskeie rooftogte in September en Oktober waartydens plofstof gebruik is om onder meer kontant te steel…
8 Dec 2021 5AM 1 min

LUR skop padveiligheids-veldtog af

Die Mpumalanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, skop Donderdag die provinsie se padveiligheid-veldtog af tussen Standerton en Balfour. Die besige R-23 was die afgelope vakansietye die toneel van baie noodlottige ongelukke. Die veldtog moedig padgebruikers aan om padreëls na te kom om ongelukke te verminder. Vanjaar is die fokus veral…
7 Dec 2021 6AM 1 min

Ontvoerde baba na 20 jaar gevind toe boetie foto op sosiale media sien

‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor. Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer. Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik. Op 29 November vanjaar het die eerste deurbraak gekom: die ontvoerde…
7 Dec 2021 4AM 1 min

Man doodgesteek in dobbeltwis

‘n 18-jarige man is in Bosbokrand aangekeer omdat hy na bewering twee broers gesteek het. Die 23-jarige Karabo Mathosi is dood, en sy 19-jarige broer gewond. Volgens die polisie het hulle in die vroeë oggendure van Sondag buite ‘n drinkplek wat gesluit was met dobbelstene gedobbel toe die argument ontstaan…
6 Dec 2021 5AM 1 min

Ma en seun se moorde ondersoek

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor…
6 Dec 2021 4AM 1 min

Bietjie-Bos vermaak weer die Laeveld

Bietjie-Bietjie-Bos het gekom en weer gegaan en was 'n groot sukses. Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning. Hulle beplan ook reeds aan die groot fees in die winter, maar sal nie die datums aan kan kondig tot…
6 Dec 2021 4AM 1 min

Bietjie teater by Innibos die naweek

Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is op die planke in drie teaterproduksies: "Wat As", "Die Grapmakers" en "Groet die Grotman 2". Kaartjies is by die deur en Computicket beskikbaar. Luister hier…
3 Dec 2021 6AM 1 min

Toerisme sien rooi oor rooilys

Plaaslike toeriste operateurs is verpletter deur die reisverbod wat verskeie lande op Suid-Afrika geplaas het na die jongste Covid-19-variant opgespoor is. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme sê dat veral safari lodges op internasionele besoekers staatmaak en 'n goeie Desember nodig gehad het. Dit is egter nou van die baan…
1 Dec 2021 8AM 1 min

VF Plus verkla Mpumalanga by Openbare beskermer

Die VF Plus beplan om ʼn klag by die openbare beskermer in te dien oor meer as 300-miljoen-Rand wat die afgelope 10 jaar aan twee projekte in Mpumalanga spandeer is – wat blykbaar nie bestaan nie. Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning het die geld vir die twee…
1 Dec 2021 6AM 1 min

Meer as 250 verdagtes vasgetrek binne drie dae in Mpumalanga

Meer as 255 verdagtes is die afgelope drie dae in Mpumalanga aangekeer vir verskeie misdade. Oortredings sluit in moord, dronkbestuur, die besit van onwettige vuurwapens en gesteelde goedere, sowel as oortreding van die wet op immigrasie. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die stop en soek, padblokkades, inspeksies, patrollies en verhoogde…
1 Dec 2021 4AM 1 min

Bietjie-bietjie rock en rol in die Laeveld hierdie fees

Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Elandré sê hy is geëerd om Vrydagaand by die Kliphard kykNET-konsert die verhoog met onder meer Francois van Coke en Spoegwolf te deel. Dié gewilde sanger sê hulle het regelik naels gekou voor pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die land nie nou na 'n hoër…
30 Nov 2021 4AM 1 min

Skud jou partytjievere reg vir Bietjie-Bietjie-Bos

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember, Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Bywoningsgetalle op die feesterrein moet beperk bly tot 2 000 mense ween inperking. Feesbestuurder, Andy Lubbe, verduidelik hoe die feesterrein gaan werk tydens die Vrydag, Saterdag en Sondag se aandkonserte.
30 Nov 2021 4AM 1 min

Munisipaliteite skuld Eskom massiewe bedrae

Tien munisipaliteite in Mpumalanga se totale skuld aan Eskom beloop tans 12,5-miljard-Rand. Dit blyk uit ʼn antwoord die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Busisiwe Shiba, op ‘n vraag van die VF Plus. Die groot sondaar is eMalahleni wat 5,5-miljard-Rand aan die kragverskaffer verskuldig is. In die Laeveld skuld…
29 Nov 2021 6AM 1 min

Meer as 80 vroue sedert April in Mpumalanga vermoor

Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert April. Tot en met September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3-duisend-164 aangerand. Die provinsiale regering het Vrydag hul 16…
29 Nov 2021 4AM 1 min

Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies. William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte. Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by…
25 Nov 2021 2AM 1 min

Alarm gemaak oor riool in Witrivier-natuurreservaat

Die VF Plus het Mbombela-munisipaliteit by die provinsie se Groen Skerpioene verkla oor beweerde rioolbesoedeling in die Witrivier-natuurreservaat. Die party het die waarnemende LUR, Busisiwe Shiba, versoek om dit dringend te ondersoek en die munisipaliteit te beveel om ʼn volhoubare oplossing vir die probleem te vind. Volgens Freddy Robertson, ‘n…
24 Nov 2021 7AM 1 min

Man vas wat glo polisiebeampte in Barberton vermoor

‘n 42-jarige verdagte sal vandag in die Barberton-hof verskyn op twee klagte van moord. Hy word aangekla dat hy Speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi, op 17 Oktober by Zanni Tavern in Barberton doodgeskiet het. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde en was ten tyde…
17 Nov 2021 5AM 1 min

VF Plus verwelkom hofuitspraak oor mynbou in Wakkerstroom-bewaarings-gebied

Die VF Plus het die Grondwethof se uitspraak Maandag verwelkom dat die mynboureus, Atha Africa Ventures, nie met mynboubedrywighede in Wakkerstroom mag begin voordat alle uitstaande hofsake en -aansoeke teen hom afgehandel is nie. Die maatskappy poog al vir ses jaar om steenkool in die waterryke Mabola-bewaargebied te ontgin, maar…
17 Nov 2021 2AM 1 min
1240 – 1260