Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die eerste drie weke van die gr. 12-eindeksamen het vlot verloop. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het alle rolspelers bedank vir hul bydrae om die matriekklas van 2023 tydens die eksamen te ondersteun. Dit loop op 6 Desember ten einde.
‘n Man wat na bewering 23 onwettige immigrante in ‘n Quantum vervoer het, het gister in die Low’s Creek periodieke hof verskyn op aanklagte van oortreding van die Wet op Mensehandel. Sibusiso Malwane is Saterdag op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden gearresteer. Sy passasiers, burgers van Bangladesh en…
'n 37-jarige onderwyser wat ook ‘n sekretaris van die vakbond Sadtu was en sy vriend is Woensdagaand in Sukani Trust buite Witrivier vermoor. Die polisie sê albei slagoffers het skietwonde gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ‘n Grys Polo is op die toneel gevind met die…
Die TRAC N4-tydren vind die naweek weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die vierde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind. Dit is die finale been van die nasionale tydren-kampioenskap. Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die…
‘n Lid van die sogenaamde “Ellysis"-bende wat die gemeenskappe van Marite en Calcutta geterroriseer het, is gister tronk toe gestuur vir ‘n reeks rooftogte. Shane Ngutshane is deur die Mhala-streekshof gevangenisstraf van effektief 25 jaar opgelê vir drie rowe wat tussen April 2014 en Julie 2020 uitgevoer is. Volgens die…
‘n 20-jarige graad-10-leerder is gister na skool met ‘n mes doodgesteek deur ‘n geskorste voormalige leerling van sy skool. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermeende moordwapen is langs die slagoffer se lewelose liggaam op die toneel gevind. Hy is naby Mbambiso High in Boschfontein aangeval. Die…
Sy Mamabolo, die uitvoerende beampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, het vanoggend tydens 'n inligtingsessie oor die komende verkiesingsregistrasienaweek gesê dat al 23-duisend-296 stasies Saterdag en Sondag van 8-uur soggens to 5-uur die middag oop sal wees. Mamabolo voeg by dat slegs 66% van die geskatte stemgeregtigde inwoners van die land…
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, versoek alle stemgeregtigde kiesers om hierdie naweek te registreer om te stem. Ter voorbereiding vir volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer. Sy Mamabolo, die…
‘n Negende verdagte in ‘n transitoroof wat in Augustus naby Malalane uitgevoer is, verskyn vandag weer in die hof. Volgens die Valke was Mphendulo Hassane voortvlugtig tot hy Saterdag in KaNyamazane gearresteer is. Dit volg op ‘n wenk wat van die publiek ontvang is. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein…
Die Nasionale Krugerwildtuin sê die Letaba-ruskamp ervaar tans ‘n opbloei van sonbesies. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hul huidige oorvloed kan te wyte wees aan die temperatuur, humiditeit en reënval. Hy sê hulle is skadeloos, maar word gelok deur lig. Besoekers is aangeraai om vensters toe en…
24 mense is gisteroggend tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie gearresteer vir beweerde mensehandel en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Misdaadintelligensie en die snelwegpatrollie-eenheid het gereageer op inligting en ‘n Quantum op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden afgetrek. Die bestuurder…
Die polisie in Ermelo ondersoek ‘n moord waartydens die 25-jarige Smangaliso Innocent Nkosi Sondag by ‘n vulstasie doodgeskiet is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hy saam met vriende daar om hul voertuie op te vul toe ‘n man, wat aan hulle bekend is, hulle genader en…
ActionSA het die Mpumalanga Departement van Gesondheid by die Openbare Beskermer gaan verkla oor die konstruksie van Middelburg-hospitaal. Die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, voer aan dat bouwerk reeds in 2020 voltooi moes wees, maar dit staan tans op slegs 58-persent. 1-punt-4-miljard-Rand is daarvoor begroot.
ActionSA beskuldig die Valke dat hulle versuim om ondersoek in te stel na 'n tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mejuffrou Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige…
Die DA in Mpumalanga sê veel meer moet gedoen word om bedrog met lisensies in die provinsie hok te slaan. Volgens die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, verloor die Departement van Gemeenskapsveiligheid miljoene wanneer beamptes saam met motoriste werk om lisensies onwettig te hernu en verkeersboetes te kanselleer. Sy sê die agterstand…
Addisionele klagtes is gevoeg teen drie mense wat aangekla word van bedrog met HOP-huise in Middelburg. Volgens die Valke het Annica van Staden na bewering ‘n man se huis sonder sy toestemming verkoop. Helga Kruger, ‘n eiendomsagent, het glo ‘n huis aan iemand verkoop en die kontant gehou sonder om…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die matriek-eindeksamen tot dusver. Dit het verlede Maandag afgeskop en loop op 6 Desember ten einde. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, vra alle ouers en skoolgemeenskappe om aan te hou om ‘n gunstige omgewing te…
Drie mense is die afgelope twee dae in voorvalle van groepsgeweld in die Laeveld vermoor. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ‘n 18-jarige gister in Hectorspruit gestenig terwyl twee mans Sondag lewend aan die brand gesteek is in Blok C naby Tonga.
Rowers het gisteraand matrikulante van Ngazindlovu Sekondere Skool in Malekutu - wat tydens die graad-12-eksamen by die skool kamp - beroof. Volgens die Mpumalanga Departement van Onderwys is hulle van ondermeer tablette beroof. Woordvoerder, Gerald Sambo:
# Die DA in Mpumalanga het 'n forensiese ondersoek na die konstruksie van die Schoemansdal-sportstadion in Nkomazi verwelkom. Volgens DA-lid Trudie Grove-Morgan volg dit op skriftelike vrae wat die party aan die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gerig het. Volgens die LUR ontken Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik daarvoor was, enige…
3 Nov 2023 6AM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.