‘n Stroper moet 10 jaar tronkstraf uitdien na hy in 2017 in die Krugerwildtuin met ‘n jaggeweer, ammunisie en byl betrap is. Friday Ngoveni het Maandag in die Skukuza-hof skuldig gepleit op aanklagte van betreding van ‘n nasionale park, besit van onwettige en gevaarlike wapens en sameswering om ‘n misdaad…
# 'n 23-jarige man het gister in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die dood Saterdagoggend van 'n 22-jarige vrou toe sy geskiet is terwyl sy in 'n motor buite 'n taverne gesit het. Volgens die polisie het sy en haar vriende daar parkeer om…
Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem toe hulle in besit van ongeveer 600 liter diesel, wat na vermoede gesteel is, gevind is in Witbank. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hulle ook in besit van ongelisensieerde vuurwapens. Dit arrestasie volg op inligting van deur die Middelburg-blitspatrollie…
Die DA in Mpumalanga sê dit is onaanvaarbaar dat matrikulante hul eindeksamen in haglike toestande by die Phiva-gemeenskapsaal in Nkomazi moet aflê. DA-lid Jane Sithole sê die saal is vervalle en daar is nie eens water nie. Sy sê daar kan nie van graad-12-leerlinge verwag word om onder sulke omstandighede…
‘n 18-jarige graad-12-leerling aan Mawewe Sekondêre Skool in Bosbokrand is Maandagaand dood nadat sy deur ‘n slang gebyt is. Volgens die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die slang haar tydens ‘n graad-12-kamp gebyt wat by die skool aangebied is om matrikulante te help om vir hul eindeksamen…
Openbare verhore oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette vind tans weer in Mpumalanga plaas. Die sogenaamde Bela-wet is al ‘n stappie nader daaraan om ‘n wet te word. In Ehlanzeni vind dit môre by die Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi plaas. Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole…
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC daarvan dat hy die Mkhondo-kosskool naby Piet Retief as ‘n kontantkoei gebruik. DA-lid Jane Sithole sê bouwerk het in 2018 begin en moes 18 maande neem teen ‘n beraamde koste van 200-miljoen-Rand. Dit is egter steeds nie eens halfpad klaar nie, terwyl boukoste…
The DA het ‘n ernstige beroep gedoen op die burgemeesterlid vir Tegniese Dienste by Mkhondo, Mary Thwala, om dringend aandag te skenk aan die munisipaliteit se waterinfrastruktuur wat vinnig agteruitgaan. Volgens die DA-raadslid en koukusleier, Irene Brussow, ervaar inwoners droë krane vir so lank as ses dae op ‘n slag…
Vier mense is vanoggend dood in ‘n ongeluk op die N4-tolpad naby Malalane. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die botsing om ongeveer 11-uur plaasgevind. ‘n Sedan het teen ‘n konstruksievoertuig gebots. Twee passasiers en die bestuurder is oorlede sowel as die bestuurder van die konstruksievoertuig. Een persoon is…
ActionSA het die Mpumalanga Gesondheidsdepartement by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla omdat hulle na bewering versuim het om kanker-behandeling-toerusting by Shongwe-hospitaal in Nkomazi te herstel. Die provinsiale voorsitter van die party, Thoko Mashiane, sê die departement versuim reeds sedert 2012 om die herstelwerk te doen terwyl dit ‘n blote 87-duisend-Rand sou…
Die DA sê hy gaan die Menseregtekommissie nader oor rou riool wat in Emalahleni in die Olifantsrivier inloop. Volgens die DA-raadslid, Maureen Scheepers, het die Riverview Rioolplaas jare gelede reeds oorstroom. Sy sê die munisipaliteit versuim om enigiets aan die saak te doen terwyl die stank onmenslike omstandighede vir inwoners…
Mpumalanga het gister sy veiliger feestyd aktiwiteite afgeskop by die Themba Senamela-stadion in Mhluzi naby Middelburg. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het padgebruikers gewaarsku dat sowat 11-duisend-170 polisiebeamptes ontplooi sal word. Sy doen 'n beroep op bestuurders om verantwoordelik te ry.
Die DA in Mpumalanga voer aan dat die aangepaste begroting - wat gister deur die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Nompumelelo Hlophe - ter tafel gelê is, nie werkskepping of die kragkrisis aanspreek nie. Volgens DA-lid Bosman Grobler, het hulle verwag dat sy befondsing beskikbaar sou maak aan…
Vyf mense is gistermiddag in 'n trompop botsing tussen twee sedans op die R35 tussen Amersfoort en Morgenzon dood. Nog twee mense is ernstig beseer en nog 'n insittende het ligte beserings opgedoen. Die oorledenes sluit een bestuurder en vier passasiers in. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in…
Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na vragmotorbestuurders en lede van die Lebombo taxi-vereniging Vrydag en Saterdag koppe gestamp het in Komatipoort. Ingange is versper en die Lebombo-grenspos is tydelik gesluit na ‘n vragmotorbestuurder in sy been geskiet is en twee voertuie van die taxi-vereniging sowel as twee vragmotors aan…
Die polisie soek na ‘n sekuriteitswag by ‘n skool wat na bewering Vrydagoggend ‘n 16-jarige leerling verkrag het. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die leerder vroeg die oggend by KwaManala Sekondêre Skool, in Vaalbank, aangekom om voor te berei vir ‘n toets. Die wag het…
Die Streekhof in Skukuza het die voormalige veldwagter Eckson Musa Matumbu tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die doodmaak van ‘n renoster in die Nwanetsi-afdeling van die Krugerwildtuin in 2020. Matumbu, wat verantwoordelik was vir natuurlewe-beskerming, is in hegtenis geneem vir die gebruik van ‘n amptelike vuurwapen wat aan hom…
Ingange na Komatipoort word afgesper deur vragmotorbestuurders wat eis dat die stelsel by Lebombo meer doeltreffend gemaak word, omdat hulle dae lank wag om die grens na Mosambiek oor te steek. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga bevestig dat twee voertuie wat aan die Lebombo Taxi-vereniging behoort aan die brand…
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat dit normaal geword het vir die program vir uitgebreide openbare werke om nie hul doelwitte te bereik nie. DA-lid, Bosman Grobler, sê die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer het in die 2022/23-boekjaar sy volledige begroting spandeer maar slegs 57-persent van…
17 Nov 2023 4AM
1 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.