100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
400 – 420

ActionSA blameer ANC vir inwoners wat Ramaphosa se roete versper

ActionSA in Mpumalanga sê vanoggend se blokkasie van die R573 Moloto-pad deur ontstoke inwoners kan voor die deur gelê word van die ANC wie se raadslede in Thembisile Hani-munisipaliteit in bykans 30 jaar geen vooruitgang vir inwoners bewerkstellig het nie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, voer aan president…
10 Jan 2024 7AM 1 min

Mpumalanga gereed vir heropening van skole

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy is gereed vir die heropening van skole volgende week. Die LUR, Bonakele Majuba, het die media vandag oor hul gereedheid ingelig.
9 Jan 2024 5AM 1 min

Vier vas na diefstal van polisievuurwapen

'n Polisiebeampte sal binnekort in die hof verskyn na hy saam met 'n taverne-eienaar gearresteer is vir die beweerde diefstal van ‘n polisievuurwapen. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 9-millimeter-pistool tussen 16 en 17 Desember by die Gemeenskaps-polisie-dienssentrum in Morgenzon verdwyn en het die polisiesersant dit…
1 Jan 2024 12AM 1 min

Twee mans gesoek na hulle meegesleur is deur riviere

‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig meegesleur is. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor 'n laagwaterbrug probeer ry het. Hy…
31 Dec 2023 11PM 1 min

LUR doen beroep op padgebruikers om verantwoordelik te bestuur

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees. Dit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens geëis het. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te…
27 Dec 2023 5AM 1 min

Vermeende baasbrein-kapers in aanhouding

Die Polisie in Mpumalanga het 'n deurbraak gemaak deur twee vermeende baasbreine agter 'n vlaag vragmotorkapings en rooftogte in die Calcutta-area in hegtenis te neem. Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, staar hulle sewe aanklagte van gewapende…
22 Dec 2023 7AM 1 min

Vermeende rower borgtog toegestaan in jongste saak in Mbombela

‘n Man wat van verskeie gewapende rooftogte aangekla word, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die kaping van ‘n koerier-voertuig in Mbombela in 2017. Die 29-jarige Zola Mnisi word reeds aangekla van ‘n transitoroof in Malalane in Augustus, ‘n gewapende roof in Witrivier in Julie en ‘n moord en…
21 Dec 2023 4AM 1 min

27 motoriste is tot dusver die maand vir dronkbestuur in Mpumalanga aangekeer

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga sê 27 motoriste is tot dusver hierdie maand vir dronkbestuur in Mpumalanga aangekeer. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê meer as 83-duisend voertuie is ook sedert 1 Desember nagegaan in die provinsie, as deel van hul Veiliger Feestyd-inisiatief.
19 Dec 2023 6AM 1 min

Gru-ongeluk toe voertuig en gepantserde voertuig bots

Vyf mense het gistermiddag ‘n gru-ongeluk op die Kanyamazane-pad oorleef na ‘n ligte motorvoertuig in ‘n trompop botsing met ‘n gepantserde voertuig betrokke was. Die bestuurder van die Polo moes uit die wrak van sy kar gesny word, terwyl sy passasier uitgeslinger is. Daar was drie insittendes in die gepantserde…
19 Dec 2023 4AM 1 min

Twee vas weens moord op 15-jarige

Twee manlike verdagtes van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud sal na verwagting vandag in die Balfour-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die ontdekking van die lewelose liggaam van 'n 15-jarige meisie Vrydagoggend langs 'n vervalle en onvoltooide huis in die Goede-afdeling. Volgens die polisiewoordvoerder in…
18 Dec 2023 4AM 1 min

Kwotas geld vanaf môre in die Krugerwildtuin

SANParke sal vanaf môre tot 16 Januarie kwotas op besoekers toepas. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê dit is om te verseker almal het ‘n aangename en veilige besoek. Besoekers is versoek om vooraf hul ingangstyd te bespreek. Phaahla sê hulle moet volumes tydens besige periodes bestuur. Hy…
14 Dec 2023 4AM 1 min

Amptenare in hof oor omkoopgeld vir sertifikaatdiploma wat vrou toekom

‘n Amptenaar van die Departement van Hoër Onderwys het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy Maandag in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van korrupsie. Lufuno Ashley Rambani is glo deur sy vriend, ‘n immigrasiebeampte Doktor Frank Machavha, genader om ‘n vrou te help…
13 Dec 2023 7AM 1 min

DA sê Thaba Chweu spandeer onwettige geld op ontspanning vir amptenare

Die DA in Thaba Chweu doen ‘n beroep op die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, om op te tree teen munisipale amptenare wat meer as 500-duisend-Rand bestee het vir 60 werknemers en raadslede om die Suider-Afrikaanse Inter-munisipale Werknemerwelstandsprogram in Botswana by te woon. Volgens Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, is…
13 Dec 2023 7AM 1 min

Twee vermeende transitorowers in 2024 verhoor

Twee vermeende transitorowers sal in Oktober in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word. Fortune Matsane en Nkosinathi Khumalo staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van gesteelde eiendom. Volgens die Valke hou dit verband met ‘n roof wat op 16 April 2021 by ‘n vulstasie in…
13 Dec 2023 7AM 1 min

Drie stropers moet 22 jaar sit

Drie stropers is deur die Skukuza-streekhof tot 'n gesamentlike 22 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle in 2017 onwettig betrap is in besit van 'n vuurwapen met ammunisie in die Krugerwildtuin. Slegs die bestuurder het 'n permit gehad om in die park te wees. Norman Mogale is ses jaar tronkstraf opgelê…
10 Dec 2023 11PM 1 min

Long Tom-pas busongeluk eis sewe

Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in 'n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind. Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring…
8 Dec 2023 11PM 1 min

Munisipale assistant-bestuurder aangekla van korrupsie in Witbank

‘n Assistent Finasiële Bestuurder by Emalahleni-munisipaliteit het gister in die Witbank-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 64-jarige Edwin Mphikeleli Sibiya na bewering in Junie verlede jaar aan ‘n forensiese ondersoeker omkoopgeld betaal vir toegang tot ‘n verslag oor…
8 Dec 2023 7AM 1 min

Silulumanzi enigste waterverskaffer in Mpumalanga met Bloudruppelstatus

Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is. Die Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak. Dit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word. Silulumanzi het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop,…
7 Dec 2023 11PM 1 min

DA vra dat LUR voor etiekkomitee verskyn oor neonatale eenheid in Witbank

Die DA in Mpumalanga beskuldig die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, dat sy weggesteek het dat die neonatale eenheid by Witbank-hospitaal reeds ses jaar nie operasioneel is nie. Die DA-lid Jane Sithole sê Manzini het dit verswyg toe die DA haar daaroor gevra het en dit moes deur die Ouditeur-generaal…
7 Dec 2023 4AM 1 min

DA Mpumalanga sê beurtkrag veroorsaak geweldige werksverliese in landbou-sektor

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie…
6 Dec 2023 11PM 1 min
400 – 420