'n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar polisiebeampte-kêrel in Augustus verlede jaar in sy bed in Pienaar doodgeskiet het, het vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit. Sersant Mandlenkosi Happy Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Die 28-jarige Zanele Mkhonto is…
Die vermeende moordenaar van ‘n polisiebeampte verskyn vandag weer in die Hooggeregshof in Mbombela. Die 28-jarige Zanele Mkhonto word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Sersant Mandlenkosi Happy Thwala, in Augustus verlede jaar in Pienaar vermoor het. Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Mkhonto is…
Die polisie in Mpumalanga het mense gewaarsku om dit te vermy om groot bedrae kontant aan hul persoon te hou hierdie komende feestyd. Die woordvoerder van die provinsiale polisie, Kolonel Donald Mdhluli, verwys na ‘n voorval verlede jaar toe ‘n verpleegster, Jabulile Mdhluli, in Masoyi buite Witrivier doodgeskiet is toe…
Drie mense en hul maatskappy verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof na hul arrestasie op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Sibusiso Madonsela, Thembisile Madonsela en Sibusiso Lekhuleni namens “Shop Mor” vervalste belastingopgawes in die bedrag van 780-duisend-Rand by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien. Hulle is Maandag aangekeer en het…
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële…
Mgubho sekondere skool in Nkomazi maak spesiale planne om hul leerlinge te ondersteun. Nonhlanhla Moeng, die voorsitter van die beheerliggaam by die skool, verduidelik:
Die provinsiale onderwysdepartement het vandag die begin van die matriek eindeksamen b Mgubho sekondere skool in Nkomazi gemonitor. Volgens die departementshoof, Lucy Moyane, het alles vlot verloop.
# 'n Man is in Low's Creek tot 3-duisend-Rand of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog. Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens 'n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, se hy het 'n vragmotor van Eswatini bestuur en sy…
Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting oor 'n man wat hulle glo hulle kan help in die oplos van 'n moord in Wakkerstroom verlede naweek. Dit volg op die moord op die 29-jarige Thobile Mayisela na sy…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het sy pleidooi herhaal vir motoriste om die padreels te gehoorsaam. Dit volg op 'n gru-ongeluk tussen 'n vragmotor en ligte afleweringsvoertuig Saterdagmiddag op die N2 in Mkhondo. Vyf mense is dood in die tromp-op-botsing. Die bestuurder van die bakkie en vier passasiers is…
# Die Mpumalanga Onderwysdepartement hy is gereed vir die matriek-eindeksamen wat vandag begin. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê sy departement is slaggereed om te verseker die eksamen verloop vlot. Volgens Majuba handhaaf Mpumalanga sedert 2019 voorval-vrye eksamens. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen aflê…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, betreur die dood van sewe mense Woensdag in die Laeveld in vier afsonderlike voorvalle wat na vermoede groepsgeweld was.
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die Sibusisiwe Sekondêre Skool in Matsulu as blyk van ondersteuning. Dit is in aanloop tot die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat Maandag begin. Altesaam 68-duisend-681 voltydse kandidate het geregistreer om vanjaar die matriek-eindeksamen in die provinsie af te lê. Die woordvoerder van die…
Die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het drie openbare besigtigingsgebiede toegewys vir Saterdagaand se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks. Dit is in Schoemansdal, ermelo en Siyabuswa. Die geskiedkundige ontmoeting, die eerste sedert 1995, sal ook bepaal watter span eerste 'n vierde Wêreldbeker-titel wen. Sibusiso Nkosi…
Die wenners van die gesogte jaarlikse Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT)-toekennings is Vrydagaand tydens ‘n spog-gala-geleentheid aangewys. Vanjaar is die gesogte President se Toekenning aan Buscor uitgeloof. Linda Grimbeek, operasionele bestuurder van die KLCBT, sê dié toekenning is vir 'n instansie waarsonder jy die Laeveld glad nie…
Diere word soms op die Krugerwildtuin se paaie raakgery, selfs al hou bestuurders by die spoedbeperking van 50 km/h. Die Endangered Wildlife Trust het egter ‘n toepassing geskep waarmee besoekers data kan help insamel om die probleem te help bekamp. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters sê “Brake for Wildlife”…
Dit is die naweek die gewilde Reef 10's sportbyeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira. “Tens” sport behels 10-aan-’n kant-wedstryde en sluit rugby, hokkie, netbal en krieket in. Vanjaar is hardloop ook deel van Reef 10’s. Pieter Rademeyer sê deelnemers het ook amper verdubbel teenoor 2022. Hy skryf dit toe aan die…
Mbombela het ‘n mosie aanvaar wat deur die DA ter tafel gelê is waarvolgens die munisipaliteit ordonansies oor geraasbesoedeling in Wyk 16 van die stad sal afdwing. Volgens DA-raadslid Kyle Oliver volg dit op twee jaar van samesprekings oor ongemagtigde studentebehuising in die area. Hy sê van die behuisingseenhede is…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke het vanoggend die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primêre Skool in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap oorhandig. Dit is die resultaat van werk om twee bestaande skole in ‘n eenheid saam te…
Twee mans het gister in die Kwamhlanga-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof na hulle glo ‘n reeks huisrowe uitgevoer het. ‘n Onderwyseres is verlede Maandagaand in Phola Park vermoor en twee ander mense is beroof. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het…
24 Oct 2023 5AM
1 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.