Verteenwoordigers van ActionSA sowel as die familielede van die mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorting by Lily Myn in 2016 ondergronds vasgekeer is, sal môre die myn in Low’s Creek besoek om hul volgende beplande stappe aan te kondig. Dit volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke oorhandig môre die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primary in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap. ‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo, verduidelik dit is ‘n resultaat van werk om twee bestaande…
‘n Vermeende sakerower is Donderdagmiddag in Mmametlhake aangekeer. Hy was na bewering deel van ‘n groep gewapende aanvallers wat ‘n winkeleienaar beroof en aangerand het. Hulle het op die vlug geslaan. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhlui, was polisiebeamptes daar naby besig met “Operasie Shanela” en het die…
Die polisie in Middelburg het 'n mannejag geloods na 'n sekerheidswag wat van moord aangekla word. Volgens die polisie in Mpumalanga het Nqubeko Mchunu reeds verskeie kere in die hof verskyn vir die moord in Augustus verlede jaar op Tsepo Maseko. 'n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê Maseko is tydens…
Die polisie in Mpumalanga waarsku die publiek teen 'n verneukspul waartydens mense gevra word om te betaal om by die polisie aan te sluit. Die polisie bestuur sê die werwing van nuwe beamptes volg 'n oop en regverdige proses en verg geen betalings nie. 'n Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, vra dat…
Die graad 12's wat op 30 Oktober begin met die eindeksamen onderteken môreoggend beloftes van goeie gedrag. 'n Woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Onderwys, Gerald Sambo, sê die LUR, Bonakele Majuba, sal verrigtinge by Frank Maginyana Sekondêre Skool in Bosbokrand monitor.
Die polisie soek drie gewapende verdagtes wat Maandagaand in Phola Park, Kwamhlanga, drie mense beroof het. 'n 58-jarige onderwyseres, Rose Mahlangu, is vermoor na sy afgekom het op verdagtes wat besig was om haar huis te plunder. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle haar in haar…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement ontken ten sterkste beweringe deur die DA dat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die party het die ongegronde beweringe gemaak om politieke punte aan te teken, en…
‘n 42-jarige man moet effektief 25 jaar agter tralies spandeer vir die moord op sy vriendin in Standerton twee jaar gelede. Phindile Mokoena was 50 jaar oud toe Jabulane Lephoto haar in Mei 2021 tydens ‘n hewige argument met ‘n ongespesifiseerde voorwerp aangerand het. Volgens die polisiewoorvoerder in Mpumalanga, Kolonel…
Die DA in Mpumalanga sê leerlinge met gestremdhede se menseregte word voortdurend geskend in die provinsie. Dít nadat leerlinge aan Platorand Spesiale Skool in Belfast huis toe gestuur moes word nadat hul kosvoorraad opgeraak het. Jane Sithole van die DA skryf dit toe aan die Departement van Onderwys se versuim…
ActionSA in Mpumalanga het die Konstitusionele Hof se weiering verwelkom om Vantage Goldfields toestemming te gee om te appelleer teen ‘n beslissing waarvolgens krediteure van Lily Myn oor die sakereddingsplan moet stem. Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, hoop dit sal toelaat dat bedrywighede by die myn in Low’s…
Die polisie kon gisteroggend 'n vragmotor met sy vrag van sowat 2-miljoen-Rand terugvind in Tonga ure na dit buite Mbombela gekaap is. Volgens die polisie is dit om ongeveer 10-uur die oggend deur twee gewapende mans gekaap. Die slagoffers kon dit aanmeld, en dit is deur Tonga-polisie afgetrek. Die verdagtes…
Die polisie soek na die ma van ‘n baba wat Sondagoggend haar pasgeborene by ‘n pittoilet by ‘n kerk in Calcutta naby Bosbokrand agtergelaat het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was die seuntjie se naelstring nog aan hom vas. Hy is deur lede van die publiek gehoor…
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga het vanoggend 'n gebedsuur gehou voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies ingesluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop…
Vier verdagtes is Saterdagoggend in Graskop aangekeer in besit van ‘n gekaapte voertuig en ongelisensieërde vuurwapen. Hulle gearresteer toe die polisie op ‘n wenk oor ‘n verdagte Ford Figo gereageer het. Die voertuig is Vrydag in Hazyview gekaap. Die slagoffer is glo aangerand en teen ‘n boom vasgebind. Die vuurwapen…
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga hou vanoggend 'n gebedsdag voor die matriekeindeksamen op 30 Oktober begin. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sal die diens in Badplaas verskillende geloofsorganisasies insluit. Hy sê hulle wens alle kandidate kalmte toe en hoop dat die eksamen sonder voorval sal verloop…
Henrike en Gideon de Wet het met Route '74 hul fondsinsamelingsdoelwit oorskrei. Hierdie pa en dogter van Mbombela het van 29 September tot 2 Oktober 2-duisend-647 kilometer deur ses provinsies met ‘n motorfiets gery vir bewusmaking oor kanker. Vir Henrike, 'n graad 10-leerling aan Hoërskool Nelspruit, was daar verskeie hoogtepunte…
Die NG Kerk Nelspruit-Suid beoog om 'n ondersteuningsnetwerk te skep vir vroue wat mishandel word. Dominee Gerrit Vosloo sê mishandeling sluit al sy vorme in. Om bewusmaking daaroor te skep, bied hulle Saterdag 'n spesiale vroueoggend aan.
‘n Amptenaar van Binnelandse Sake is gister 10 jaar gevangenisstraf opgelê in die Witrivier-landdroshof vir bedrog. Nhlanhla Mathebula het teen vergoeding vals paspoorte vir buitelanders geprosseseer deur Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsdokumente te gebruik. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hy ‘n addisionele drie jaar tronkstraf opgelê…
Bloulig-rowers wat veral Mosambiekse karre teiken, is 'n kommerwekkende tendens wat onlangs sy kop uitgesteek het in die Laeveld. Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit beskryf dit as iets wat moeilik is om hok te slaan.
11 Oct 2023 9AM
1 min
480 – 500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.