TJ Maré van We Care 4 Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspan se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos.
TJ Maré van We Care for Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspanne se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. Die spanne is oudergewoonte besig om 'n middelman in die stad netjies te maak. Maré was nie teenwoordig nie. Volgens hom het sy…
‘n Polisiebeampte verskyn vandag in die hof in Sabie op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is hy Vrydag aangekeer toe sekuriteitswagte op patrollie ‘n polisievoertuig in ‘n plantasie opgemerk het. Die polisiekaptein en ‘n man in ‘n polisie-oorpak was in besit van meer as 22-kilogram se dagga…
SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako,…
Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April…
‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike…
Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer…
Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig…
Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes…
Die DA in Nkomazi is besorg oor die agteruitgang van die Masibekela-ontspanningspark. Raadslid, Nhlonipho Dlamini, sê hulle het tydens ‘n oorsigbesoek gevind die swembaddens en storte word nie instand gehou nie, met deure en pype wat verniel is. Die munisipaliteit het die fasiliteit in 2017 in ontvangs geneem. Hy beskuldig…
ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane…
Die polisie ondersoek 'n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is in 'n verlate gebou Maandagaand. Die 16-jarige Sinenhlahla Nkosi is na vermoede vermoor. Die polisie het ook met 'n geregtelike doodsondersoek begin na die liggaam van die 25-jarige Dumiso Mhlongo…
‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors…
Die hoofman van die Mnisi Tribal Council, Clyde Mnisi, is gisteraand naby die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe doodgeskiet. Volgens die polisie het hy en sy bestuurder in 'n Toyota Avanza toe hulle 'n pap band kry. Terwyl hulle vir hulp gewag het, het vyf swaar gewapende mans met balaklavas in…
Ná twee jaar se feesdroogte is dit vanjaar weer voluit Innibos Kunstefees, en feesterreinkaartjies kan reeds vanaf vandag by Computicket gekoop word. Innibos vind vanjaar van Donderdag, 29 Junie, tot Saterdag, 3 Julie, plaas met die Loof Hom Innibos-konsert oudergewoonte die Sondag. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê…
Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in…
Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in…
27 Mar 2023 1AM
1 min
740 – 760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.