100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
760 – 780

Man in Witrivier doodgeskiet

‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand glo ‘n man voor ‘n seekosrestaurant in Witrivier doodgeskiet het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor die eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad. Een het ‘n vuurwapen…
27 Mar 2023 12AM 1 min

Pumas vanaand gashere vir Griekwas

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het. Die tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken. Die Griekwas behoort…
24 Mar 2023 4AM 1 min

DA besorg oor vermeende aanval op polisiestasie

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die aanval Maandag op die polisiestasie in Witbank. Drie-en-twintig verdagtes is gearresteer vir openbare geweld na hulle na bewering die stasie met klippe bestook het. Hulle sou geëis het dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot…
23 Mar 2023 8AM 1 min

Borgtog vir drie wat Eskom glo bedrieg

# 'n Voormalige Eskom-werknemer en 'n ma en seun is in die Hendrina-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat hulle Eskom glo uit byna R15 miljoen bedrieg het. Rabela Sara Jones en Godfrey Jason Jones het gister saam met Thandeka Nkosi verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Nkosi en Godfrey…
23 Mar 2023 2AM 1 min

Danie Rossouw-rugbyweek vanaf Saterdag in Witrivier

Die jaarlikse Danie Rossouw-rugbyweek vind vanaf Saterdag tot volgende Woensdag in Witrivier plaas. Dit is reeds die tiende bestaansjaar vir hierdie rugbyskouspel vir hoërskole in die Laeveld. Nico Bekker van Hoërskool Rob Ferreira sê 58 spanne van 18 skole so vêr as KwaZulu-Natal, Limpopo en Gauteng neem deel.
22 Mar 2023 7AM 1 min

Skryf vir die eerste keer 'n gedig

Innibos is op soek na jou gedig om te toonset of in 'n kunswerk te omskep om tydens vanjaar se fees uit te stal. Die veelsydige musikant, Lizanne Barnard, sê dit is ‘n produksie wat afhanklik is van die publiek. Mense met geen ervaring in digkuns is genooi om die…
22 Mar 2023 7AM 1 min

Die Nkomazi 400-tydren is hierdie naweek in Malelane

Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender. Dit vind Vrydag en Saterdag in Malelane plaas. Liané Horn sê groot name en spanne in tydrenne gaan in aksie te sien wees.
22 Mar 2023 7AM 1 min

Taxi-operateurs in Witbank val glo polisiestasie aan

Drie-en-twintig verdagtes verskyn vandag in die hof vir openbare geweld na hulle Maandagaand die Witbank-polisiestasie aangeval het. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het hulle geëis dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vyrgelaat word. Hulle het polisiebestuur glo gedreig en die stasie met klippe…
22 Mar 2023 6AM 1 min

Dit is vandag Internasionale Maatskaplike Werkersdag

Vandag is Internasionale Maatskaplike Werkersdag. Marla Louw, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand in Mbombela, sê dit is nie ‘n maklike werk nie, maar maatskaplike werkers is lief vir mense en wil verandering bring in ‘n gebroke wêreld.
21 Mar 2023 7AM 1 min

Nuwe valuasierol vir eiendom in Mbombela gepubliseer

Die valuasierol vir eiendomme in Mbombela-munisipaliteit is gepubliseer en eienaars het slegs beperkte tyd om appèl aan te teken as hulle voel hul eiendom is oorwaardeer. Tim Tyrell van die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku mense kan nare verrassings met hul eiendomsbelasting verwag as hulle nie die valuasie voor die spertyd…
21 Mar 2023 7AM 1 min

Laeveld spring nasionale stilstand vry

Die beplande dag van stilstand het grootliks sonder voorval verloop in Mpumalanga. John Meintjies van die Laeveld JOC bevestig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens sedert gisteraand absolute helde was.
20 Mar 2023 10AM 5 min

Premier: 'Ons het goed beplan vir stilstand'

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanmiddag 'n padblokkade op die N4 buite Mbombela inspekteer. Sy sê alle rolspelers in die regering was goed voorbereid vir die EFF se beplande dag van stilstand.
20 Mar 2023 9AM 1 min

Nasionale stilstand: Mpumalanga premier sê hulle kon mense veilig hou

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die beplande dag van stilstand het grootliks sonder voorval verloop in Mpumalanga. Sy het vanmiddag saam met die LUR vir gemeenskapsveiligheid Vusi Shongwe, LUR vir openbare werke, paaie en vervoer Mandla Ndlovu en die waarnemende provinsiale polisiekommissaris Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi 'n padblokkade op die…
20 Mar 2023 9AM 2 min

Leeus: Pumas was gelukkig om 15 man te behou

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion hul vertoning van 63-15 teen die Bulle verlede naweek opgevolg met 'n bonuspuntsege van 34-27 oor die Leeus. Die Leeus het na twee wedstryde nog nie 'n wen in die toernooi behaal nie. Mzwakhe Nkosi sê die Pumas was gelukkig om nie 'n geelkaart…
20 Mar 2023 2AM 1 min

Pumas steeds op die wenpad in Curriebeker

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion hul vertoning van 63-15 teen die Bulle verlede naweek opgevolg met 'n bonuspuntsege van 34-27 oor die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê sy span het die vrugte gepluk van die hoërisiko rugby wat hulle speel.
20 Mar 2023 2AM 1 min

Pumas vanmiddag tuis teen die Leeus

Die Airlink Pumas is vanmiddag die gunstelinge wanneer hulle hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker teen die Leeus speel. Die span het hul verdediging van die Curriebeker-titel Sondag op indrukwekkende wyse afgeskop deur die Bulle met 63-15 te laat les opsê. Die pienktruie het ook vier uit hul vyf…
17 Mar 2023 5AM 1 min

Twee veranderinge aan Puma-span wat Lions Vrydag in Mbombela pak

Die Airlink Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, het net twee veranderings vir sy span wat Vrydag die Leeus in Mbombela pak, gekies. Die voormalige Glasgow Warriors losskakel Brandon Thomson is vir die beseerde Tinus De Beer ingespan en Lundi Msenge is in op vleuel vir Sebastion de Klerk. Shane Kirkwood is…
16 Mar 2023 11AM 1 min

Laeveld JOC sal Maandag se nasionale stilstand fyn monitor

Veiligheidsmagte het die EFF se beplande nasionale stilstand ‘n hoërisiko-status toegeken om ‘n herhaling van die Julie 2021-onrus te keer. Veiligheidshoofde het ingestem om ‘n groot polisiemag te ontplooi, met die weermag op bystand. Die nasionale stilstand wat vir volgende Maandag geskeduleer is, sal deur die EFF gelei word met…
16 Mar 2023 6AM 1 min

DA sê die staking deur Nehawu affekteer steeds gesondheidsdienste in Mpumalanga

Die DA sê die staking deur Nehawu affekteer steeds gesondheidsdienste in Mpumalanga. Volgens Jane Sithole moes pasiënte in die kraamsale by Tonga-, Shongwe-, en Rob Ferreira-hospitale met die hulp van ander pasiënte geboorte skenk omdat gesondheidswerkers wat nie aan die staking deelneem nie, toegang tot dié hospitale geweier word deur…
15 Mar 2023 9AM 1 min

DA sê Mkhondo-paaie is op die randjie van ineenstorting

Die DA sê die paaie in Mkhondo-munisipaliteit paaie is op die randjie van ineenstorting. Volgens koukus-leier Irene Brussow is dit grootliks te wyte aan meer as 600 vragmotors wat daagliks deur Piet Retief ry om steenkool na Richardsbaai te vervoer. Sy sê dit het so te sê onmoontlik geraak vir…
15 Mar 2023 7AM 1 min
760 – 780