100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
780 – 800

Mans in hof na moord op verkeersbeampte

Twee verdagtes verskyn vandag afsonderlik in die Witrivier-landdroshof na die moord op ‘n verkeersbeampte Saterdag. Die 60-jarige Judas Chiloane was die hoof munisipale verskeersbeampte toe hy tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet is met sy eie vuurwapen. Twee 35-jarige verdagtes is Maandag by Shabalala Trust gearresteer. Volgens die Valke word die…
15 Mar 2023 6AM 1 min

Groothartige gholfspelers mik vir wêreldrekord

Twaalf plaaslike gholfspelers gaan Donderdag probeer om 1 000 gholfputjies binne 12 ure te speel by Mbombela-gholfklub. Dit vorm deel van 'n fondsinsameling ten bate van Ministry on Wheels, Grace Baby Haven en Grace Family Fellowship. André Botes sê daar bestaan tans nie so 'n wêreldrekord nie.
14 Mar 2023 4AM 1 min

Pumas Vrydag in eerste tuiswedstryd van Curriebeker 2023

Die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, kom in hul tweede wedstryd van die seisoen eerskomende Vrydag tuis teen die Leeus te staan by Mbombela stadion. Hulle het gister op Loftus Versfeld die Blou Bulle met 63-15 gewen. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, nooi ‘n ieder en elk om die kampioene te kom…
13 Mar 2023 2AM 1 min

Stonehouse loof hele span vir groot oorwinning oor die Bulle in Pretoria

Die Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, het dit gister op Loftus Versfeld duidelik gemaak dat hulle gereed is om hul titel te verdedig. Die Mpumalanga-span het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hulle die beker vir die eerste keer in hul bestaan kon wen. Hulle kon Sondag nege drieë druk teen die…
13 Mar 2023 2AM 1 min

DA oorweeg regstappe teen Thaba Chweu-munisipaliteit

Die DA in Thaba Chweu oorweeg dit om weer kriminele klagtes teen die plaaslike munisipaliteit te lê weens die verontagsaming van ‘n hofbevel wat verlede jaar teen hulle uitgereik is en ten opsigte van oortreding van omgewingswetgewing en hul versuim om te voldoen aan die voorwaardes soos vervat in die…
10 Mar 2023 5AM 1 min

Pumas wil hul Curriebeker-titel verdedig

Die Curriebeker skop die naweek af met die Cheetahs wat weg speel teen die 2022 finaliste, die Griekwas vanaand. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel Sondag hul eerste wedstryd weg teen die Bulle in Pretoria. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul doelwit is om hul titel te verdedig na hul…
10 Mar 2023 4AM 1 min

Onderwysdepartement betreur die dood van twee leerlinge op die N4

Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur ‘n noodlottige ongeluk op die N4 vanoggend. Twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor het tussen Vosman en eMalahleni gebots. Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr…
9 Mar 2023 6AM 1 min

Mpumalanga begroting met gemengde gevoelens begroet

Die DA in Mpumalanga het gemengde gevoelens oor die begrotingsrede wat Dinsdag deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumelelo Hlophe, gelewer is. Bosman Grobler sê hulle is bekommerd dat daar geen strategie is om armoede te verlig nie en dat die provinsie homself nie kan befonds nie,…
9 Mar 2023 5AM 1 min

19 verdagtes verskyn in Nelspruit vir bedrog met Gems-mediese skema

Negentien mense het in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Mediese Skemas. Volgens die Valke het hulle die mediese fonds, Gems, uit 2-komma-3-miljoen-Rand bedrieg. Hul borg wissel van een-duisend tot vyf-duisend-Rand. Een beskuldigde, ‘n pensioenaris, is op waarskuwing vrygelaat. Die saak kom weer…
8 Mar 2023 5AM 1 min

Chroniese ambulanstekort in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar 'n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen. Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer. Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent…
3 Mar 2023 8AM 1 min

Vermeende smokkelaars is by Lebombo-grenspos vasgetrek

‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis…
3 Mar 2023 7AM 1 min

Pa in Malalane sny glo baba se keel af

‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie weke oue babaseuntjie keelaf gesny het. Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malalane. Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het nie, is die saak…
3 Mar 2023 3AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord op die ma van sy kinders

# 'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie…
3 Mar 2023 3AM 1 min

Jongman verdrink toe hy 10-jarige kind red

‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom…
1 Mar 2023 8AM 1 min

Die DA in Mpumalanga sê die provinsie moet ingryp in munisipaliteite

Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en…
1 Mar 2023 5AM 1 min

Plaasaanvalle steeds hoog, arrestasies en vertroue in polisie laag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat slegs 33-persent van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde…
28 Feb 2023 6AM 1 min

DA sê die ANC buit die ramptoestand in Nkomazi uit

Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat…
28 Feb 2023 5AM 1 min

Polisie red onwettige immigrante van mensehandel in Kamagugu

Negentien burgers van Bangladesh is gister deur die polisie in Kamagug van mensehandelaars gered. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die Ehlanzeni Intelligensie taakspan het die deurbraak gemaak. Die 19 mans was in 'n drie-slaapkamer huis en hul selfone is by hulle afgeneem. 'n 52-jarige Bangladeshi man wat as die huishoudster…
28 Feb 2023 1AM 1 min

Arrestasie gemaak na vrou en drie kinders se bylmoord in Piet Retief

‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle…
27 Feb 2023 5AM 1 min

Meer as 'n miljoen-Rand se dagga is in Delmas gekonfiskeer

'n Plaaswag het vroeg Maandagoggend 'n vonds van meer as 'n miljoen-Rand se dagga op 'n plaas buite Delmas gemaak. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 344 kilogram dagga in 31 sakke versteek in 'n voertuig. Dit het 'n geraamde waarde van 1-komma-drie-miljoen-Rand. Dit volg na lede van die…
22 Feb 2023 1AM 1 min
780 – 800