100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
800 – 820

Ruskampe weer oopgestel in die wildtuin

Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê Krokodilbrug, Onder-Sabie en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het. Verskeie grondpaaie in die suide van die park bly gesluit…
22 Feb 2023 12AM 1 min

Planne om laagwaterbrûe te lig

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is deur die onlangse vloede, besoek. Sy sê 'n tekort aan stormwaterdreineringsinfrastruktuur het tot verdere skade gelei. Hulle beplan om laagwaterbrûe te lig wanneer hulle herstel word.
20 Feb 2023 7AM 1 min

Premier sê bywette moet afgedwing word om toekomstige tragedies te verhoed

# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede…
20 Feb 2023 7AM 1 min

Man aangerand na hy met vrou se liggaam in 'n sak betrap word

'n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van 'n 19-jarige vrou in 'n swart plastieksak. Hy was glo besig om dit in 'n trollie na die Barberton-stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het. Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word…
20 Feb 2023 1AM 1 min

LUR veroordeel groepsgeweld na drie glo gestenig is

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Speedy Mashilo, het 'n beroep gedoen op gemeenskappe om nie die wet in eie hande te neem nie. Dit volg op die moord op drie mense in Vaalbank, na die liggaam van 'n vermiste agtjarige dogtertjie Saterdag in 'n pittoilet by hul huis…
20 Feb 2023 12AM 1 min

Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit

Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit vir besoekers weens grootskaalse oorstromings. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza bly ook gesluit, na dit op drie plekke ineengestort het. Die H1-1 tussen Pretoriuskop en Malalane is weer oopgestel, sowel as die Letaba laagwaterbrug. Besoekers is aangeraai om uiters versigtig…
17 Feb 2023 3AM 1 min

300 gesinne in Nkomazi ontruim weens oorstromings

Drie-honderd gesinne is in Nkomazi-munisipaliteit uit hul huise ontruim weens plaaslike oorstromings na volgehoude swaar reën. Grootskaalse skade is aan infrastruktuur in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Bosbokrand aangerig. Die grootste impak word in Nkomazi gevoel met huise wat oorstroom en ineengestort het. Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril…
16 Feb 2023 5AM 1 min

Rampbestuurspanne bly op hoë gereedheid in die wildtuin

Die Krugerwildtuin sê hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie. Die Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel slegs noodvoorraad om die wildtuin te bereik en is nie oop vir…
16 Feb 2023 5AM 1 min

Nog reën vir die Laeveld voorspel

Na weke van volgehoue, swaar reën, verwag die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) dat dit vir nog 'n week sal voortduur. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê dit behoort teen Saterdag weer te verskerp, met neerslag van meer as 20 milimeter wat verwag word in Limpopo en die Noorde van Mpumalanga. Dit behoort teen…
16 Feb 2023 2AM 1 min

Laeveld Interlaer atletiek Saterdag by Nelspruit Primary

Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is daar besluit om dit eerder na Primary self te skuif. Die hoof, Werner van Tonder, sê as dit…
16 Feb 2023 2AM 1 min

Gesin van Jeppe's Reef byna uitgewis

'n 21-maande oue seuntjie is Saterdag in Shongwe-hospitaal dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het hy maagkrampe en diarree gehad en gebraak. Vier van sy gesinslede van Jeppe's Reef het dieselfde simptome getoon en is ook opgeneem. Sy 23-jarige tante is dieselfde dag ontslaan. 'n Dogtertjie van…
15 Feb 2023 7AM 1 min

DA ontevrede met reaksie op beskadigde paaie

Die DA eis dat die provinsiale departement van openbare werke en vervoer met meer dringendheid op beskadigde paaie reageer. Trude Grove-Morgan sê hulle is besorg dat beskadigde paaie stadig gesluit word en motoriste nie genoegsaam gewaarsku word nie. Sy sê oorsigbesoeke aan die Bulembu-pad sowel as die R40 tussen Witirivier…
15 Feb 2023 6AM 1 min

Panorama interlaer-atletiek Vrydag by Malelane

Laerskool Malelane bied Vrydag die Panorama interlaer-atletiekbyeenkoms vir mediumskole aan. Atlete van Komatipoort, Graskop, Sabie, Numbi, Burgersfort en Steelpoort sal meeding. Die hoof van Malelane, Gerben Janse van Rensburg, sê hulle is vol moed dat die byeenkoms sal kan voortgaan, ondanks die ontwrigtings wat die afgelope week se reën en…
15 Feb 2023 4AM 1 min

Rampbestuurspanne in Krugerwildtuin bly op hoë gereedheidsgrondslag

Rampbestuurspanne in die Krugerwildtuin bly op hoë gereedheidsgrondslag omdat swaar neerslae riviere in Mpumalanga laat afkom. Die Krokodilbrughek is gesluit omdat water oor die brug vloei, maar alle teerpaaie is oop. Die woordvoerder, Ikr Phaahla, sê hulle hou die situasie fyn dop en raai besoekers aan om uiters versigtig te…
15 Feb 2023 4AM 1 min

Onwettige elektrisiteitsaansluitings skok na vermoede drie mense dood in Tonga

Drie mense is die afgelope vyf dae in Tonga doodgeskok deur wat die polisie vermoed is onwettige elektrisiteitsaansluitings. Volgens polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sluit dit 'n 36-jarige vrou in wat in haar tuin gewerk het, 'n man wat ondersoek ingestel het na ‘n elektriese fout by sy huis,…
14 Feb 2023 5AM 1 min

VF Plus sê mense moet verhoed word om onder die vloedlyn te bou

Die VF Plus dring daarop aan dat die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit die wetgewing toepas wat inwoners verbied om permanente strukture binne die 50-jaar-vloedlyn te bou. Dit na verskeie huise wat klaarblyklik onder die vloedlyn gebou is, verspoel het met die huidige oorstromings in die Laeveld. Volgens Monique Bornman, ‘n VF Plus-raadslid in…
14 Feb 2023 4AM 1 min

Mpumalanga rampbestuur vra dat mense by die huis bly as hulle kan

Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê veral Nkomazi word erg geraak. Hulle het reeds versoek dat skole sluit en mense eerder van die huis af werk as hulle kan. 'n Nasionale Ramptoestand is afgekondig…
14 Feb 2023 1AM 1 min

Gemeenskappe versoek om versigtig te wees met swaar reën

Die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, sê die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit. Huise in Tekwane Suid het na hoë reënval ook oorstroom. 'n Oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën is uitgereik in Ehlanzeni vir vandag. Volgens die weerdiens sal die verwagte…
13 Feb 2023 7AM 1 min

Teerpaaie weer oopgestel in Krugerwildtuin

Teerpaaie in die Krugerwildtuin is weer oopgestel na oorstromings in die Suide gister SANParke genoop het om dit te sluit. Volgens woordvoerder, Ike Phaahla, bly gondpaaie as 'n voorsorgmaatreël gesluit. Buiten Krokodilbrug en Onder-Sabie is alle ruskampe oop. Die Skukuza-lughawe is ook operasioneel. Geen groot skade aan infrastruktuur is tot…
13 Feb 2023 1AM 1 min

Vier kampe in die wiltuin is ontoeganklik weens oorstromings

Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is volgens berigte ontoeganklik. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en…
10 Feb 2023 2AM 1 min
800 – 820