100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
820 – 840

Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin oorstroom

Na groot volumes reën deur die nag is verskeie paaie en brûe in die Laeveld oorstroom. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê die Krokodilbrug-ingang is oorstroom en kan dus nie gebruik word nie. Die Paul Kruger-hek is wel intussen weer oopgestel. Hy raai besoekers aan die wiltuin egter…
9 Feb 2023 4AM 1 min

Vermeende lid van 'n stropingsindikaat handig homself oor aan Valke

‘n 47-jarige man verskyn vandag in KaBokweni op aanklagte van handel in renosterhoring as deel van Operasie "Blood Orange". Dit volg na DNS van renosterhorings wat tydens ‘n deursoekoperasie by ‘n huis in Johannesburg bekom is, hom met die toneel verbind het. Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo…
7 Feb 2023 7AM 1 min

Nog 'n deurbraak in Operasie "Blood Orange"

‘n 14de verdagte is aangekeer vir beweerde geldwassery wat verband hou renosterstropery in die Valke se Operasie “Blood Orange”. Die voormalige Krugerwildtuin-veldwagters, Chikwa Maluleke en Solly Ubisi, is na bewering betaal vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help. Betaling is glo in familielede se bankrekeninge betaal. Nkateko Maluleke (24)…
7 Feb 2023 6AM 1 min

Verkeersbeampte aan diens dood

'n Provinsiale verkeersbeampte is gistermiddag aan diens dood toe sy deur ‘n ligte afleweringsvoertuig getref is. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het Jeanette Mlangeni die bestuurder probeer stop omdat hy na bewering gevaarlik 'n ander voertuig verbygesteek het op die R544 tussen Emalahleni en Kriel. Die waarnemende LUR,…
7 Feb 2023 5AM 1 min

Lily-myn tragedie na sewe jaar herdenk

Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het. Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer. ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk. Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die…
6 Feb 2023 7AM 2 min

Waarskuwing oor protesaksie

Protesaksie is vanoggend aangemeld rondom Amersfoort met verskeie paaie wat afgesper word deur vragmotors. Polisiewoordvoerder, Bridagadier Selvy Mohlala, sê openbare orde polisiëring is op pad na die toneel, maar die vragmotors is kennelik gekaap en dit mag 'n geruime tyd neem om te verwyder. Vermy die area.
6 Feb 2023 1AM 1 min

Vonnisse vir verkragters in verwelkom

Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir die swaar vonnisse wat twee verkragters opgelê is. Sibusiso Cossa is tot twee keer lewenslank en ‘n addisionele 50 jaar gevonnis vir misdade wat hy in Tonga gepleeg het. Richard Ndlovu moet ook lewenslank sit vir die…
6 Feb 2023 1AM 1 min

Renosterstroper moet 18 jaar sit

'n Renosterstroper is gister in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het. ‘n Skietery het ontstaan. Baloyi is gewond en aangekeer…
3 Feb 2023 8AM 1 min

DA dien grief in teen Thaba Chweu-burgemeester

Die DA het formeel ‘n grief teen die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit, Friddah Nkadimeng, by die Speaker ingedien. ‘n Raadslid, Spiridon Couvaras, voer aan dat sy nie by raadsbesluite hou nie. In November is daar besluit dat noodsaaklike werkers in skofte sal werk om oortydbetaling te verminder, maar dit is…
2 Feb 2023 5AM 1 min

VF Plus: Vrywaar waterstelsel van beurtkrag

Die VF Plus in Mpumalanga sê waterpompe moet gevrywaar word van beurtkrag. Werner Weber sê beurtkrag veroorsaak dat byna elke munisipaliteit in Mpumalanga sonder water is omdat die pompe wat water aan die woongebiede verskaf, nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie. Hy voeg by dit is belangrik dat munisipaliteite gebeurlikheidsplanne,…
1 Feb 2023 6AM 1 min

Polisiebeampte in Mpumalanga gearresteer vir vermeende voertuigkaping

'n Polisiesersant verskyn vandag in die hof saam met vyf vermeende medepligtiges in eMalahleni op aanklagte van voertuigkaping en besit van gesteelde goedere. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het die Middleburg-blitspatrollie Maandag op 'n wenk reageer en 'n vragmotor wat in Elsburg gekaap is by 'n kleinhoewe in Clewer gevind…
1 Feb 2023 1AM 1 min

Vlieënier geïdentifiseer wat in ongeluk naby Ou Nelspruit-Lughawe sterf

Die vlieënier wat gistermiddag dood is toe sy ligte vliegtuig naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort het is geïdentifiseer as die 44-jarige Jeff Mabuza, ‘n gerekende sakeman van Steelpoort. Hy was die enigste insittende. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak.
31 Jan 2023 5AM 1 min

VF Plus sê Govan Mbeki-munisipaliteit is in groot moeilikheid

Die VF Plus in Mpumalanga sê die Govan Mbeki-munisipaliteit is in meer moeilikheid as wat inwoners besef. Aranda Nel-Buitendag gee wanadministrasie die skuld vir swak dienslewering in Bethal, Secunda en omliggende dorpe. Sy sê die ouditeur-generaal het in haar jongste verslag haar kommer uitgespreek oor die tekort aan veral tegniese…
31 Jan 2023 5AM 1 min

Burgerlugvaart ondersoek noodlottige vliegongeluk in Mbombela

Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort. Die vlieënier was die enigste insittende en is dood. Die kommunikasiebestuurder van die Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.
31 Jan 2023 1AM 1 min

Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort

Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig kort na 3-uur neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.
30 Jan 2023 10AM 1 min

'n Moordbeskuldigde in die Mkhondo-raadslid-saak laat vaar sy borgaansoek

Die drie mans wat aangekla word van die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit het vandag in die hof in Piet Retief verskyn. Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet. Andile Gamede het sy borgaansoek aal vaar. Blessing Ntombela en Blessing Dlamini…
30 Jan 2023 5AM 1 min

VF Plus bekommerd oor transitorooftogte

Die VF Plus in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte. Werner Weber skryf dit toe aan ‘n tekort aan menslike hulpbronne en voertuie in die provinsie. Tydens die jongste voorval is 'n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond buite Hazyview verlede week. Weber is veral…
30 Jan 2023 2AM 1 min

DA maak alarm oor kolleges wat glo omkoopgeld vra in Mpumalanga

Die DA Studente Organisasie in Mpumalanga wil hê die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, moet ingryp by Tvet-kolleges waar omkoopgeld glo geëis word om studente te registreer. Volgens die DASO koördineerder, Marcus Mdau, het hulle berigte ontvang van studente by verskeie kampusse, insluitende Witbank, Middelburg en Waterval-Boven, dat hulle…
26 Jan 2023 6AM 1 min

Sanral-werknemer aangekeer na transitoroof

‘n Werknemer van Sanral is gearresteer vir diefstal na ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview gister. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het die man gehelp om die toneel op te ruim. Hy is in besit gevind van kontant wat na vermoede tydens die roof gesteel is. ‘n…
26 Jan 2023 12AM 1 min

Sekuriteitswag doodgeskiet tydens transitoroof tussen Witrivier en Hazyview

‘n Sekuriteitswag is vanoggend tydens ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview doodgeskiet. Die Fidelity-voertuig is deur ‘n onbekende aantal gewapende aanvallers voorgelê. 'n Skietery het uitgebreek. Die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig is noodlottig gewond. Plofstof is gebruik om die geldwa oop te skiet. Die aanvallers het 'n…
25 Jan 2023 4AM 1 min
820 – 840