Nellies-juffrou 'n finalis vir Onderwyser van die jaar-toekenning

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se juffrou Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning.
Dit poog om merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk.
In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys.
Stemme van die publiek bepaal nou watter hoërskool- en laerskool-onderwyser as onderwyser van die jaar aangewys sal word. Prysgeld ter waarde van R26 500 is ook op die spel.
Bekker sê die nominasie is ‘n groot eer.
28 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wat jy benodig in 'n voertuighandelaar

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.
21 Jul 9 min

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die Curriebeker by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Sharks vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende…
21 Jul 7 min

Luilekker Sondag: Jacques Lombard

Jacques Lombard is 'n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs 'n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag.
20 Jul 8 min

Laevelder op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit 'n Olimpiese sport word.
20 Jul 14 min

Hoë brandgevaar heers vandag in die Laeveld

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.
17 Jul 9 min