Agri-uur: 3 November, Isabel Kruger

Loading player...
Artikel 6 van die Wet op Veediefstal, Wet Nr 57 van 1959, het te doen met die oordrag van eienaarskap van vee. Volgens Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomingsforum in die Vrystaat, is dit ook dié artikel se sub-artikel 3 wat vereis dat die dokumentasie van die transaksie vir minstens een jaar gebêre moet word. Sy voeg by dat die dokument waarna in artikel 8 verwys word, ook ingevolge die Wet op Veediefstal, die vee-verwyderingsertifikaat is. Kruger sê hierdie twee dokumente is baie belangrik en lewendehawe produsente benodig dit as hulle vee vervoer en vee aankoop. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar gepraat…
3 Nov 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min