Agri-uur: 22 November, Ben Janse van Rensburg

Loading player...
Die teel van diere is in die algemeen nié 'n situasie van onmiddellike beloning nie. As 'n mens kyk na skouhoenders en die teling daarvan, is die doel om gewoonlik die standaard van perfeksie oor tyd te verbeter. Ben Janse van Rensburg, ‘n liefhebber en teler van skouhoenders by Bainsvlei buite Bloemfontein in die Vrystaat, sê daar is verskeie dinge waarna voornemende skouhoender-telers moet kyk voordat hulle hoenders begin aankoop om te teel. Om uit te vind wat hierdie dinge is, het OFM-nuus se Elsabé Richard met hom gesels…
22 Nov 2021 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min