Dorp van die jaar semi-finaliste: Pelgrimsrus

Loading player...
Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel.
Ons het met Leona Oosthuizen van Pelrgrimsrus gesels oor wat haar dorp so spesiaal maak.
Stemming in hierdie ronde sluit reeds Vrydag om 12:00. SMS die dorp se naam na 33157.
28 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wat jy benodig in 'n voertuighandelaar

Kas Colbe, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.
21 Jul 9 min

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die Curriebeker by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Sharks vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende…
21 Jul 7 min

Luilekker Sondag: Jacques Lombard

Jacques Lombard is 'n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs 'n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag.
20 Jul 8 min

Laevelder op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit 'n Olimpiese sport word.
20 Jul 14 min

Hoë brandgevaar heers vandag in die Laeveld

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.
17 Jul 9 min